Linda Kriel jou Persoonlike Instrukteur

Wil jy graag fiks word, gewig verloor en gesond leef? Hier kry jy alles op ‘n skinkbord vir ‘n gesonder, fikser en skraler JY. Ek gee jou die nuutste riglyne om jou leefstyl vir eens en vir altyd te verbeter. Jy gaan inligting kry oor die Lae Koolhidraat Hoë Vet eetplan (LCHF) of Banting soos wat ek dit in my boek Kry Daai Lyf noem. Vir dié wat nie sonder koolhidrate kan klaarkom nie, gee ek inligting oor die Lae GI- Koolhidraat-eetplan.

Ek word jou persoonlike oefeninstrukteur en my programme sal jou help om sentimeters te verloor, jou lyf ferm te maak en vet te verbrand.

Comments 14

  1. Hi Linda

    Ek wil gou weet, hoeveel kilojules,(as jy hard werk) plus minus verbrand mens, met “verbrand vet vinnig” . -Die kardio.

    Dan as mens los velle het, by onder arms, en oor die maag, sal dit weggaan, fermer raak.

    en is kry daai lyf, jou 1st dvd van kry daai lyf?

    Baie dankie, Jy is voorwaar die grootste insparasie nog.
    Waardeer dit baie.

    1. Hallo Elsa

      Die Verbrand Vet DVD het 2 oefensessies van 45 min elk. Die kardio program gebruik ongeveer 1200 kilojoules. Die kilojoules hang af van hoeveel jy weeg en die intensiteit van die program.

      Indien vel baie gerek het en oor ‘n lang tydperk plaas gevind het krimp dit effe terug maar indien dit baie ver gerek is sal dit nie 100% krimp soos voorheen nie.
      Dit krimp wel en ferm beslis op met oefeninge, maar die vel verloor sy elastieseteit as dit ver en vir lank uitgerek was.

      Kry Daai Lyf bestaan uit 2 DVD’s. Kry Daai Lyf 1 is reeds in 2015 gemaak en Kry Daai Lyf 2 in 2018 met die gaskunstenaars wat saam oefen.
      Kry Daai Lyf is dus die eerste DVD in die reeks. Albei bestaan uit 2 DVD skywe.

      Lekker oefen en hou aan.
      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  2. Goeie middag

    Dankie vir die voorreg om saam met jou die gewigsverlies pad te kan stap. Ek het byna 40kg om te verloor.
    Ek is van die ongelukkige mense wat hoe meer ek stress hoe meer eet ek. Wat kan / moet ek doen om dit te verander. My middagete by die werk is omtrent al teen 11 uur in die oggend reeds klaar geeet. Dan lê die res van die dag nog voor.
    HELP ASB en baie dankie

    1. Hallo Lina

      Gewigsverlies is ‘n kopskuif. Jy moet ‘n besluit neem en daarby hou. Linda se eet- en oefenplanne gee vir jou ‘n uitgewerkte program wat jy kan volg. Dis belangrik om daarby te hou as jy resultate wil kry.
      Hier is ‘n paar dinge wat jy ingedagte kan hou:
      Dis belangrik dat jy vir jou haalbare doelwitte stel.bv jy wil die plan vir die week volhou of ek wil 1kg verloor teen Saterdag ens.
      Beloon jouself ook as jy die doelwitte haal.
      Hou jou eet- en oefenplan kreatief en eenvoudig.
      Kry vir jou iemand wat dit saam met jou doen sodat jy iemand het wat jou aanmoedig en motiveer om aan te hou.
      Kry vir jou iets anders om op te fokus as jy gestres raak. bv.Gaan stap eerder as om te eet.
      Oefening is een van jou beste teenvoeters vir stres en gewigsverlies.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  3. Hello Linda
    Ek wil graag by jou hoor, ek is op die banting Dieet het sover nog net 2 kilos af vir die eerste 2weke so dit gaan maar bietjie stadig… wat ek wel wil uitvind ek het n naeltjie breek he altyd n mooi plat magie gehad maar na die breuk het maag oefening op gehou en het n rolletjie ontwikkel! Let wet as ek bv sit up doen die volgende dag het ek so seer om my maag ? Enige tips hoe ek weer n plat magie sal kan kry?

    1. Hallo Jackie

      Geluk met die eerste 2 kg. Wees geduldig met jou ekstra kilogramme, dit neem tyd vir jou liggaam om by die nuwe leefstyl van reg eet en oefen, om aan te pas. Hou by die eet- en oefenplan en jy sal resultate solank jy daarby hou.
      Met ‘n naelbreuk is dit baie belangrik om nie druk op te bou in jou abdomen nie. Sit-ups, chrunches ens wat enige ongemak veroorsaak moet jy van wegbly.
      ‘n Plat maag vereis meer as ‘n klomp opsitte. As jy ‘n plat magie wil hê, is daar 3 dinge wat jy moet doen: 1. Versterk jou maagspiere met oefenige. 2. Raak ontslae van die vetlagie onder die vel – regte eetgewoontes. 3. Doen gereeld kardio oefeninge soos draf, stap, fietsry of swem.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  4. Hi Linda

    Ek wil graag so +/- 7kg verloor. Ek oefen glad nie, ek is 40 jaar oud. My problem met oefen is ek het 4 nek operasies gehad so ek het nek fusies van C3 tot T2 impak oefening maak dat ek vreeslik kopseer kry en ek kan nie ver op of af kyk nie. Ek het ook ‘n Lamektomie gehad (onsuksesvol) so ek sukkel vreeslik met my laerug, die spesialis sê ek moet maag ofeninge doen vir ondersteuning, maar ek sukkel om die gepaste oefening te kry. Ek het vreeslike swak rug spiere en vir die res van die spiere, wel daar is nie veel nie. Ek het ook ‘n onderaktiewe skildklier. Ek het alreeds 20kg verloor maar ek kry net nie die laaste paar af nie. Ek is eintlik meer gepla oor die oefen. Met jou jare ondervinding en kwalifikasies glo ek sal jy my beste opsie wees.

    Groete

    Liana

    1. Hello Liana

      Ek is jammer oor jou nek en rug wat jou oefenplanne in die wiele ry. Baie geluk met die 20 kg wat jy reeds verloor het. Dis fantasties. Hou so vol die laaste paar kilo’s sal volg.
      Rakende jou oefenplan beveel ek aan dat jy ‘n Biokinetikus of Fisio gaan spreek. Jy het spesifieke oefeninge nodig onder toesig. Linda doen nie individuele en onder toesig oefenplanne nie.
      Jou skildklier moet jy met jou mediese dokter uitklaar. As jou medikasie reg is kan ek nie sien dat jy nie kan oefen met n onder aktiewe skildklier nie. Jou dokter ken jou geval en geskiedenis. Bespreek dit met hom.
      Xxx
      Lize ( Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  5. Hallo Linda ek is 47 jaar oud ek is nie gelukkig met my lyf nie. Ek wil 30 kg verloor ek weet dit klink baie . Al vat dit my n jaar ek gee nie om nie ek wil. Help my asb. watter dieet plan moet ek gebruik. Die banting een of die low GI. My probleem area is my maag ek voel permanent op geblaas. En my maag voel altyd hard. My bloed groep is A-negatief. Ek weeg tan 100kg. Ek wil dit doen. asb. help my.

    1. Hello Joleta
      Mense se liggame verskil en reageer verskillend. Ek het gevind as ek koolhidrate uitsny maw die Banting eetplan volg verloor ek maklik en ek voel nie opgeblaas nie. Ek stel voor jy begin met die Banting eetplan en monitor jou vordering. Indien jy na maande nog geen resultate het nie kan jy die Lae GI eetplan probeer. Indien jy enige mediese faktore het moet jy eerstens met jou mediese dokter of ‘n dieetkundige gaan gesels. As jou maag jou probleem area is beteken dit dat jy makliker op daardie area vet deponeer. Om van vet ontslae te raak moet jy die regte hoeveelheid kilojoules inneem, regte kos eet en oefen. Die nuutste oefen en eetplan nl. Fiks & Fabolous het albei die eetplanne in en oefeninge. Die Mooi maag Plan het geen dieet in nie, slegs detoksplan en baie oefeninge vir die maag.
      As jy aanhou sal jy sukses smaak. Begin net vandag en moenie uitstel.
      Mooi dag!
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  6. Beste Linda
    Ek het ingeteken op SOMERLYF want ek moet ten minste 12-15kg verloor. Het 6 mnde gelede my femur kop gebreek en moes skroewe inkry aangesien ek nie heup vervanging kon kry a g v vorige fraktuur 40jaar gelede. Die skroewe maak my baie seer, veral as ek op my kniee gaan en opstaan of buk. Sal die oefeninge geskik wees vir my. Die wat ek op die grond moet le. Kan glad nie snags op die linkersy le nie.(Kant waar been gebreek is ) Skroewe kan nie verwyder word voordat ek nie gewig verloor het nie. lengte1.52m gewig 74kg
    Dankie
    Bettie

    1. Post
      Author

      Hallo Bettie

      Jammer om te hoor van jou femur. Daar is oefeninge in my program waar jy op jou knieë moet staan. Moenie daardie doen nie. Jy kan dit vervang deur regop te staan en liggies aan iets vas te hou met jou regterhand en dan jou linkerbeen sywaarts op te lig en dieselfde aantal herhalings te doen as op die program waar jy op jou kniëe moet staan (ek dink dis Dag 4). Herhaal dan met die ander been ook. Jy moet ook baie stap om die gewig af te skud.

      Sterkte

      Linda

Leave a Reply