Heerlike Lae GI skons

Ontbyt Skons:

Hierdie skons-resep het ‘n laer vet, laer GI en hoër vesel inhoud as die tradisionele skons resep wat sal help jou om langer versadig te laat voel. Geniet die skons vir ontbyt of saam met jou oggend- of middag tee of koffie. Indien jy gewig wil verloor, skakel enige tussen-in peuselhappies uit.

Hierdie deeg is ook geskik om as Lae GI pizza basis te gebruik. Verwyder die sultanas of appelkose en gebruik minder melk om dit meer hanteerbaar te maak.

Bestanddele:

  • 1½ koppie meel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 1 teelepel koeksoda
  • ¼ teelepel sout
  • ½ koppie oatbran (hawersemels)
  • 1 groot appel, ontpit en gerasper
  • 4 eetlepels sultanas of 8 gedroogde appelkose
  • 3 eetlepels lite margarien
  • 1 eier, geklits
  • ½ koppie vetvrye melk

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 200°C (392°F) en bespuit ‘n 12 holte muffinpan met kleefvrye sproei.
  2. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ‘n mengbak.
  3. Voeg die oatbran by en belug die mengsel met ‘n eetlepel. Voeg die appel en sultanas of appelkose by en meng goed.
  4. Smelt die margarien in die mikrogolf vir 20-30 sekondes op hoog. Voeg die geklitste eier en melk by en roer. Voeg die klam mengsel by die droë bestanddele en roer stadig deur met ‘n vurk totdat dit ‘n deeg vorm.
  5. Skep die deeg in 10 holtes van die muffin pan.
  6. Bak vir 15-18 minute of tot verbruin.
  7. Laat die skons effe afkool in die muffin pan. Haal uit en laat heeltemal afkoel voordat dit bedien word.
  8. Maak 10.

Hierdie resep en ander op die Toep kan saam met die Lae GI eetplan gebruik word op die Linda Kriel Fitness TOEP. Kliek hier om meer te lees: Linda Kriel TOEP

Groete

Linda xxx

Leave a Reply