Glip in jou skinny jeans in

Glip in jou skinny jeans in. Werk jou binnebene!

Met hierdie oefening hoef jy nie meer bekommerd te wees oor bobene wat teenmekaar skuur as jy op die strand loop nie. Dié isometriese oefening werk anders as gewone oefeninge wat jou binnebene versterk. Dit werk diep en intensief, daar waar jy dit die nodigste het.

2014-07-23 11.04.06

Druk met jou voete binnetoe
Sit op die vloer met jou bene reguit voor jou uitgestrek en plaas jou voete weerskante van ‘n stewige stoel of kas. Hou jou rug regop en jou hande langs jou boude. Druk nou met jou voete na binnekant teen die stoel/kas, so hard as wat jy kan. Hou dit so vir 30 tot 60 sekondes, sonder om te ontspan.

2014-07-23 11.04.26Maak dit moeiliker
Om dit meer uitdagend te maak, moenie jou hande gebruik om jouself te stut nie. Lig dit op voor jou en hou jou arms voor jou gevou. Op die manier werk jou binnebene harder én jou maagspiere word ook betrek. Hou jou maag ingetrek. Jy kan hierdie oefening 3 keer per week, 2 of 3 keer per dag doen.

 

Raak ontslae van die vetlaag in jou binnebene

Die oefning hier bo help om jou binnebene ferm te maak, maar as jy van die vet in die binnebene ontlsae wil raak, moet jy ook kardio doen (oefeninge wat jou harttempo laat styg) en jy moet jou eetgewoontes dophou. Op die Linda Kriel Fitness toep kry jy jou weeklikse oefen- en eetplanne vooruit! Elke week van die jaar.

Laai gerus die toep af en kry ‘n 7 dae gratis proeflopie: LINDA KRIEL FITNESS TOEP

Comments 7

    1. Hi Elsa

      Linda se oefeninge is beskikbaar op ons App, aanlyn planne, op ons Facebook en Instagram blaaie.
      Volg ons op ons sosiale media platforms om oefeninge, wenke, resepte en veel meer te kry!
      Kyk ook na ons Wenlyf Banting en Somerlyf Lae GI wat fokus op die Bobene, boudjies en maag.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

      1. Hi Lize

        Baie dankie, ek wil so graag die APP kry, maar het ‘n “stupid” vraag. Hoeveel data dink jy gebruik mens in ‘n maand, as mens elke dag die oefening doen?

        1. Hi Elsa

          Dis nie ‘n maklike antwoord nie want dit hang af hoe en hoeveel jy die App gebruik.
          Indien jy oefeninge ‘download’ sal jy meer data gebruik as om dit nie af te laai nie.
          As jy net elke dag jou oefeninge doen en jou eetplan volg behoort jy ongeveer so 200MB data gebruik per week!
          Hierdie 200MB is dus as jy elke dag die App gebruik sonder om te ‘download’ of as jy dit nie oor en oor gebruik nie.

          Groete
          Lize (Biokinetika)
          LINDA KRIEL FITNESS

  1. Beste oefeninge vir heupe en boude ? Enige specifieke dieet wat Ek kan volg om energie te he en hard te kan oefen Ek gym 2 keer n week by personal trainer ,spin die ander 2 dae en oggende aerobics eet baie verkeerd verloor nie gewig en My bene en boude word net groter van n 32 na 36 en dit begin ook nou styf sit ! Kan j asb help?

    Dankie
    Groete
    Chrichele

    1. Post
      Author

      Kyk gerus op hierdie webwerf onder Gratis. Kliek op Oefenprogramme. Daar sal jy heelwat oefeninge kry asook op my facebookblad. My twee aanlyn-programme het fantastiese diëte plus oefeninge om gewig te verloor. Die programme is die 21 Dae Kick-start en die 3 Weke 3 Punt Plan.
      Besoek die Tuisblad van hierdie webwerf en jy sal die twee programme daar sien. https://www.lindakriel.co.za
      (Wees ook versigtig vir manlike personal trainers. Hulle laat jou soms oefeninge doen wat meer vir mans geskik is en dan bou jy jou bene te groot)

      Sterkte Chrichele.

      Vriendelike groete
      Linda Kriel

Leave a Reply