Geurige Gesonde Marinade

Geurige Marinade

Wees versigtig wanneer jy ’n marinade op vleis gebruik, want dit is gewoonlik vol suiker! Hierdie is ’n veilige sous wat jy kan maak om oor jou hoender, ribbetjies, biefstuk, tjoppies ens. te gebruik.

Bestanddele

  1. 3 Eetl botter
  2. 2 Eetl suurlemoensap
  3. 2 Tlp fyngekapte knoffel
  4. 1 Tlp kerriepoeier
  5. 1 Eetl opgekapte vars kruie (of 1 tlp gedroogde kruie)
  6. 1 Tlp Xilitol
  7.  Eetl gewone dubbel-room jogurt, amasi of klappermelk.
    (As jy my Lae Gi eetplan volg gebruik Lae vet jogurt)
  8. 1/2 Tlp Dijon mosterd
  9. Sout en Peper na smaak.

Metode

  • Smelt die botter in ’n kastrol oor lae hitte.
  • Voeg die res van die bestanddele by.
  • Laat die geure intrek (infuse) vir ’n minuut of twee voordat jy dit van die hitte verwyder en laat afkoel.
  • Gooi dit oor jou hoenderporsies, tjoppies, biefstuk of ribbetjies en braai of rooster.

Notas:

  • Dit is heerlik oor hoendervlertjies wat oor die kole gebraai word.
  • Die hele marinade bevat +- 10g Koolhidrate
  • Hierdie resep het ek in die Low Carb is Lekker kookboek gekry.

Dié wat my Somerlyf Lae Gi Plan én my Banting Plan volg kan hierdie marinade geniet.

Kliek hier om my Wenlyf Banting Plan OF Somerlyf Lae Gi Plan te kry:

https://lindakriel.co.za/winkel/

 

Lekker braai!

Linda Kriel

Leave a Reply