Gebakte appel – Banting ontbyt

Gebakte appel met kaneel en room

Hierdie kaneel gebakte appels is ‘n gesonde ontbyt wat warm of koud bedien kan word. Bederf jouself en jou familie met hierdie lekkerny ontbyt (of nagereg) met die aroma van kaneel.

Bestanddele:

  • 2 appels, Granny Smith
  • 2 eetlepels botter
  • 2 eetlepels erythitrol of xylitol
  • kaneel
  • 125ml room of ongegeurde volroom jogurt
  • 1 teelepel vanieljegeursel
  • 50g geroosterde amandelvlokkies (fyngekapte amandels)

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C (356°F).
  2. Met ‘n skerp mes of vrugteboor verwyder die appelstronk. Moenie regdeur die appel sny of boor nie – die onderkant van die appel moet toe wees om te verhoed dat die sous onder uitloop.
  3. Plaas appels op ‘n bakplaat. Druk 1 eetlepel botter in elk van die appels. Strooi erythritol of xylitol en kaneel oor elke appel en bak vir 15-20 minute in die oond tot sag.
  4. Meng room of jogurt met vanieljegeursel.
  5. Haal appels uit die oond en laat afkoel.
  6. Bedien met room/jogurt en amandels
  7. Bedien 2.

Die Linda Kriel Fitness Toep is jou hulp tot ‘n gesonder, fermer en slanker JY! Kry vandag jou gesondheids Toep, hier: Gewigsverlies TOEP

Groete

Linda xx

Leave a Reply