Eet Reg om Ontslae te Raak Van Maagvet

Eet Reg om Ontslae te Raak Van Maagvet

Hoe raak jy ontslae van maagvet? Oefen is natuurlik ‘n móét, maar wat jy eet speel ook ‘n baie belangrike rol.

Wáár jou liggaam vet stoor is geneties en jy kan ook nie self besluit waar jou liggaam vet moet verbrand nie, maar nuwe studies toon dat daar sekere kosse is wat veroorsaak dat jy maagvet stoor en sekere kosse wat help dat jy juis in daardie deel vet verloor. Onthou maagvet is nie net die gewone vet onder jou vel nie,  dit is ook die vet rondom jou organe en dit word beskou as ‘n gesondheids-risiko om ‘n groot maag te hê.

 

 

Plain white yoghurt in glass jar and glass bowl, with spoonsDIE KALSIUM IN SUIWEL SAL HELP DAT JY MAAGVET VERLOOR

Moenie suiwel uit jou dieet laat as jy probeer gewig verloor nie. Navorsing het bewys dat die kalsium in suiwel sal help om vet te verloor. Veral die vet om die middellyf. Wanneer jy ‘n tekort aan kalsium het skei jou liggaam ‘n hormoon af wat veroorsaak dat die liggaam vet stoor. Suiwel produkte laat jou ook meer en langer versadig voel én sal jou help om spiermassa te behou. Spiere verbrand vet en dus sal jou vetpersentasie daal.  ‘n Studie wat gepubliseer is in Obesity Research het getoon dat die groep wat suiwel soos jogurt en melk ingesluit het in hul dieet heelwat meer liggaamsvet verloor het as die ander groep wat geen suiwel geëet het nie, al het albei groepe dieselfde hoeveelheid kilojoules ingeneem per dag.

 

_5662 (1)DRINK 4 TOT 5 KOPPIES GROENTEE PER DAG

Wie het nou gedink dat ‘n ontspannende aktiwiteit soos teedrink jou kan help gewig verloor? Hoekom is groentee so effektief in gewigsverlies?

#1 Dit help dat jy vet verbrand. Groentee bevat ‘n tipe antioksidant, catechins wat vetverbranding aanhelp. Verskeie studies het getoon dat mense wat groentee elke dag drink makliker vet verloor.

#2 Dit verlaag jou stresvlakke. Jy dink dalk stres het niks te doen met gewigsprobleme nie, maar die twee is definitief verwant. Wanneer jou stresvlakke baie hoog is, verhoog jou liggaam se produksie van kortisol. Kortisol is ‘n hormoon wat vetberging – veral in die maag – aanhlep. Groentee bevat eienskappe wat jou help om te kalmeer.

#3 Dit is maklik om vol te hou. Hoe moeilik is dit om tee te maak? Al wat jy moet doen, is om dit te drink en al die gesondheidsvoordele daaruit te put. Enige een kan dit doen.

 

fresh ripe avocado on a wooden background

OLYFOLIE, AVOKADOPEER EN NEUTE HOU JOU VERSADIG

Dit klink dalk nie vir jou reg om te hoor jy moet vet eet om van maagvet ontslae te raak nie… maar die goeie vette wat jy in avokadopeer, olyfolie en neute kry kan jou risiko op hartsiektes verminder en jou help om maagvet te beveg. Die onversadigde vet wat in dié kosse gevind word, word as brandstof gebruik tydens oefening én dit moedig vetverbranding aan.

 

MOENIE SUIKER EET NIE

Suiker is half-glukose en half-fruktose en kan net deur die lewer gemetaboliseer word. Wanneer jy dus te veel suiker eet word die lewer oorlaai daarmee en word geforseer om dit in die vorm van vet te stoor. Talle studies het bewys dat hierdie groot hoeveelhede fruktose juis kan lei tot vetberging in die maagarea.

VOLG ‘N GESONDE EETPLAN

‘n Gesonde eetplan is ‘n móét vir blywende gewigsverlies. In my 21 Dae Kick-Start EN 3 Weke 3 Punt plan is daar 2 Eetplanne (verskillend in elke program), waaruit jy kan kies, nl die Banting eetplan (Lae Koolhidraat Hoë Vet) en die Lae Gi Koolhidraat eetplan. Kliek hier om meer uit te vind oor die twee programme:

3 Punt Plan en Kick-Start

Fiksheids-groete

Linda xxx

 

Comments 2

  1. Hi daar,

    Ek het gelees dat sekere groen tee (veral die “big brands”) is eintlik “sleg” vir jou…
    Is daar produkte wat jy kan aanbeveel asb.
    Dankie!

    1. Hi Lizelle

      Linda gebruik Woolies se groentee sakkies en ken nie die ander produkte nie.
      Dis altyd goed om die bestanddele agterop die boksies te lees.
      Organiese produkte is natuurlik die beste opsie.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

Leave a Reply