Eet jy genoeg eiers?
Die Gesondheidsvoordele van Eiers:
Die Volkome Proteïen
Een eier bevat 6 gram essensiële aminosure, die boustene van proteïene. Dit is belangrik, want ons liggame kan dit nie self produseer nie. Die eierwit bevat omtrent die helfte hiervan, en slegs ‘n klein porsie van die vet en cholesterol.

Eiers is Gelaai met Voedingstowwe
Dit beteken dat eiers meer voedingstowwe – vitamine, minerale, aminosure – per kalorie bevat, as meeste ander kossoorte. Slegs deur een eier te eet, kry jy die volgende:
- Hoë-kwaliteit proteïen
- Selenium
- Fosfor
- Cholien
- Vitamien B12
- Talle anti-oksidante, wat help om selle gesond te hou
Eiers Help Jou ‘Goeie’ Cholesterol
Dit wil voorkom of hierdie ‘goeie’ cholesterol, HDL genoem, by mense wat drie of meer eiers per dag eet, toeneem. Natuurlik neem die ‘slegte’ cholesterol, LDL, ook toe. Die individuele dele word egter groter. Dit maak dit moeiliker vir die slegte om jou te benadeel en makliker vir die goeie om dit te verwyder.
Dit Kan Trigliseriedes Verlaag
Tesame met toetsing vir HDL en LDL, toets jou dokter ook hiervoor. Laer trigleseriedes is beter vir jou gesondheid. Deur eiers, veral die wat deur sekere vetsure(soos omega-3’s) verryk is, te eet, kan die vlakke afgebring word.
Eiers Kan Kanse op Beroerte Verminder
Alhoewel studies verskil, lyk dit of een eier per dag, moontlik jou risiko op beroerte kan verlaag. Onlangse studies het getoon dat persone wat een eier per dag geëet het, se kanse om aan ‘haemorrhagic’ beroerte te sterf, met 30% verminder is, as daardie persone wat glad nie eiers gehad het nie.
Dit Help Met beheer Van Porsies
Met 70 kalorieë per eier, weet jy presies wat jy inneem. Dis ook maklik om gekookte eiers te vervoer. Jy kan ‘n paar eiers hard kook en in jou koelsak hou. Deur ‘n slaai of ‘n paar snye brood by te voeg, het jy ‘n heerlike gesonde peuselhappie.

Dis Bekostigbaar
Met slegs R2,50 per bediening, gaan dit moeilik, as ‘n hoë-kwaliteit proteïen, wat nie jou beursie of die bank breek nie, geklop word. Voeg ‘n sny volgraan roosterbrood, avokado en ‘n bietjie warm sous by, en daar het jy ‘n feesmaal, geskik vir ‘n koning, teen die prys van ‘n arm man. Jy hoef ook nie oor suiker of koolhidrate te wonder nie, want eiers bevat dit glad nie.
Eiers is Hartsvriendelik
Verras? Dit is waar. Oor die algemeen verhoog mense wat meer eiers eet, nie hul kanse om hartsiektes op te doen nie. Selfs mense wat pre-diabetes is of tipe 2 diabetes het, wat ‘n hoë-eier dieet, vir gewigsverlies, gevolg het, was steeds net so hartsgesond. In ‘n onlangse studie deur Chinese, is persone wat ‘n eier per dag eet, se kanse om hartsiektes te ontwikkel, 20% minder as nie-eier eters.
Eiers maak versadig
Eet eiers vir ontbyt en jy sal langer versadig voel. Op die manier sal jy moontlik minder gedurende die dag eet. Tieners bv, wat ‘n eier in die oggend eet, eet gemiddeld 130 minder kalorieë vir middagete.
Dit Help om die Brein op te skerp
Eiers bevat vit. D, wat goed is vir die grysstof en moeilik om uit ander kosse te kry. Hul bevat ook cholien, wat die senuselle in jou kop, met mekaar laat ‘gesels.’ Cholien is, veral ook vir swanger vroue en die wat borsvoed, belangrik, omdat dit so ‘n groot rol in breinontwikkeling speel.
Bron: webmd.com
Eet gesond en bly gesond met die LK Fitness Toep, kliek hier vir meer: LK Fitness Toep

Linda xx