Doen Hierdie tipe Oefening vir ‘n Vinnige Metabolisme

WIL JY GRAAG ‘N VINNIGE METABOLISME HÊ?

Oefening verhoog jou metabolisme en dus jou liggaam se vermoë om kilojoules te verbrand sodat jy lekker kan eet en nie gewig optel nie.
Onmiddellik ná ’n oefensessie is jou metabolisme hoër, aangesien energie vinniger verbrand word. Die soort, duur en intensiteit van die oefeninge sal hoofsaaklik bepaal hoe groot hierdie invloed op die metabolisme is.
Oefeninge met gewigte sal jou metabolisme vir LANGER hoog hou na ‘n oefensessie as wat aërobiese oefeninge sal doen, waarskynlik omdat eersgenoemde die adrenalienvlak verhoog en dit veroorsaak dat jou liggaam vinniger energie verbrand.

Party wetenskaplikes glo dit kan ook te doen hê met die feit dat die spierweefsel ná ’n oefensessie met gewigte heelwat meer energie nodig het om te herstel, as na ’n aërobiese sessie.
Rondte-oefening (circuit training) is ’n uitstekende manier om jou metabolisme te verhoog én heelwat energie te verbrand. Dit behels kort sarsies aërobiese oefening (bv. draf op die plek) afgewissel met kort sarsies spieroefeninge.

Kort Rondte-oefenprogram vir jou
  • 4 oefeninge
  • oefen 50 sekondes, rus 10 sekondes

Beginners: doen 2 rondtes

Middelvlak: doen 4 rondtes

Gevorderd: doen 6 rondtes

  1. Draf op en af van ‘n trappie. Beginners stap op en af.
  2. Agtertoe lunges: staan met voete bymekaar; hurk agtertoe met een been reguit na agter; probeer die vloer raak; herhaal met die ander been.
  3. Gallop 4 tellings na regs en raak die vloer deur jou bene te buig. Moenie jou rug gebruik nie, maar eerder jou bobene. Gallop dan weer 4 na links en raak die vloer.
  4. Plié en kantlig: buig diep met jou voete uitgedraai, rug regop, maag ingetrek en hou jou hande agter jou kop; kom op en lig jou een been, buig sywaarts met jou bolyf sodat jou elmboog jou knie raak; herhaal na die ander kant.

 

In die LINDA KRIEL FITNESS TOEP is daar onder andere tweekeer per week ‘n Rondte-oefenprogram wat jou sal help om jou metabolisme te verhoog.

Lees meer hier: TOEP

 

 

 

 

 

Comments 6

  1. Middag Linda
    Ek het verlede jaar begin met Bootcamp en gesond eet en het slegs 10kg verloor.
    Ek het erg pyne in my been begin kry uit my rug uit en die dr het vasgestel ek het spondilose (my een lae rugwerwel was nooit aangegroei nie, ek is so gebore en nou is die werwel besig om uit te bult maar gelukkig nog net graad 1) Dr het gese ek moet liewer nie meer spring tussen oefening en swaar goed optel nie. Ek kan net twee dae bootcamp dan sit ek weer met geweldige pyn. Ek het jou kry daai lyf boek en het gister weer begin met die dvd “Verbrand daai vet vinnig”. Die water het uit my hare gedrup hierna en ek het nie die ster spronge gedoen nie en is versigtig om te veel te buk. My vraag is dit: Kan jy my dalk raad gee oor watter oefeninge om te vermy en is dit nodig om jou lae gi eetplan aan te skaf as ek die boek het en watter een gaan die geskikste een wees om aan te skaf. Ek is tans 55 jaar oud en moet se vandat ek begin gesond eet en oefen het, het ek hope energie en het baie min skete.

    Baie dankie

    Gerda

    1. Hallo Gerda

      ‘n Persoon met spondilose moet twists en bends vermy. Kyk dus na die oefeninge in Linda se boek en programme en let daarop om nie swaar gewigte te gebruik nie en nie hoë impak oefeninge te doen nie.
      Vermy spring en trappie klim deur te stap op die plek.
      Neem jou dokter se aanbeveeling in ter harte.
      Ek beveel die Fiks & Fabulous plan aan want jy het ‘n 21 dae Lae GI eetplan met die 3 dag plan in die boek. Jy het dan 24 dae eetplan.
      Die oefeninge moet jy net aanpas soos wat jou dokter aan beveel het. Onthou om die twist oefeninge te vervang met ‘n ander maag of arm oefening.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  2. Hallo Linda. As die 21 dae verstryk het sal ek die een plan wat ek aangekoop het nog besikbaar wees indien ek dit op latere stadium wil gebruik

    1. Post
      Author

      Hi Hannelie

      Die 21 Dae Kickstart is beskikbaar vir 35 dae nadat jy betaal het. Die beste is as jy ‘n foto neem van die eetplan, want mens kan dit nie print nie omdat die program op die internet is.

Leave a Reply