Die mees algemeenste oorsake vir opgeblasenhied, asook hulle “teenvoeters”.

Die Mees algemene Oorsake vir Opgeblasenhied.

Kosse wat Jou Opgeblase Laat Voel en Hulle Plaasvervangers.

Kry gerus die Linda Kriel Toep vir daaglikse eet- en oefenplanne. Sien heel onder.

Voel jy soms opgeblase en sukkel met gas in die maag? Daar kan 2 oorsake wees:

  • Wanneer jy lug sluk
  • Dít wat jy eet en drink.

Indien jou spysverteringskanaal kos nie effektief kan vervoer nie, of as dit sekere voedingsstowwe nie kan verteer nie, vorm dit gas in die dermkanaal wat swelling en ongemak veroorsaak.

Die dermkanaal bestaan uit goeie en slegte bakterieë. ‘n Dieet ryk aan vrugte en groente help om die dermwand  te verseël en sodoende verhoed dit dat die slegte bakterieë die bloedstroom binnedring. ( Slegte bakterieë veroorsaak gas, swelling en onverteerde kos).  Alhoewel alle bakterieë gas veroorsaak gedurende die verteringsproses, aktiveer sekere kosse die bakterieë wat meer swelling en ongemak kan veroorsaak.

Hier is die mees algemeenste oorsake vir opgeblasenhied, asook hulle “teenvoeters”:
SUIWEL

Suiwel produkte soos melk en kaas kan ongemak en swelling veroorsaak by sommige mense wat ‘n onverdraagsaamheid het vir laktose ( ‘n melksuiker).  65% Mense sukkel om dit te verteer.

Teenvoeter: Jy kan laktoos-verlaagde melk of melk-alternatiewe soos klapper- of sojamelk probeer. Goeie nuus…sekere  suiwelprodukte soos jogurt en sommige kase (veral harde, verouderde  en gesoute) het ook ‘n laer laktose-inhoud en is makliker verteerbaar. Jy kan ook oor die toonbank lactase (laktase) aanvullings verkry, wat jy voor etes neem. Dit sal help met laktose onverdraagsaamheid (intolleransie).

ROU KRUISAGTIGE GROENTE (CRUCIFEROUS)

Broccoli, blomkool, Brussels sprouts en kale bevat ‘n nie-verteerbare suiker nl. raffinose, wat swelling en gas kan veroorsaak. Moet egter nie die groente uit jou dieet weglaat nie want hulle het kragtige anti-oksidante, nl.  sulforaphane wat sekere  kankers voorkom. Sien die teenvoeter hier onder.

Teenvoeter: Deur dié groentes te fermenteer of te kook, sal dit help om die onverteerbare vesels af te breek vir beter vertering, verminderde swelling en gasvorming.

HOë-FRUKTOSE KOSSE

Sommige mense het ‘n onverdaargsaamheid vir fruktose. Fruktose is ‘n basiese suiker wat gevind word in sekere kosse en vrugte. Die onvermoë om fruktose behoorlik te verteer kan pynlik wees en is ‘n algemene simptoom van IBS (prikkelbare derm-simdroom).

Vrugte en groente soos appels, druiwe, waatlemoen, aspersies, ertjies en baby marrows (zucchini) is hoog in fruktose, MAAR neem kennis dat dit in vrugte en groente amper onmoontlik is om so baie  fruktose in te neem dat dit ‘n probleem kan wees.

Teenvoeter: Deur sekere vrugte en vrugtesappe asook hoë-fruktose mieliestroop ( (wat as versoeter gebruik word in veral koeldranke en sekere geprossesseerde kosse) te beperk of te vermy, kan help om die opgeblasenheid, diaree en gas te verminder.

Hier is ‘n paar kosse wat gewoonlik hoë-fruktose mieliestroop (versoeter) bevat: koeldrank; lekkers; sekere slaaisouse; geblikte vrugte; sap; versoete jogurt; sekere winkel-brood en gebak; baie ontbyt grane; winkel-souse en konfyte; geprossesseerde kos; gesondheid-stafies; koffie verromer; energie drankies en sekere roomys.

Lees die ettikette agterop die produkte en vermy produkte wat HFCS (High Fructose Corn Syrup) bevat. Beperk jou droë-vrugte inname, wat hoog in fruktose is in vergelyking met heel vars vrugte.

Vrugte wat laer in fruktose is: appelkose, avokado, aarbeie, swartbessies, bloubessies, bosbessies (cranberries) en pomelo.

SUIKER PLAASVERVANGERS EN KUNSMATIGE VERSOETERS

Beide suiker-alkohol (wat gebruik word in lae-kilojoules versoeters) en kunsmatige versoeters dra by tot swelling en gasvorming. Byvoorbeeld, sorbitol – ‘n algemene versoeter in lekkers, kougom en suikervrye kosse –  is onverteerbaar en veroorsaak water-retensie.  Studies het getoon dat kunsmatige versoeters ons dermkanaal mikrobiome omvergooi en die verhoogde groei in bakterieë, wat gas veroorsaak, laat toeneem.

Teenvoeter: Lees die etiket op die produkte en verminder of vermy inname van kosse wat suiker-alkohol en kunsmatige versoeters soos sukrolose, aspartame, sorbitol en saccharin bevat. Kies natuurlike, ongeprosesserde produkte.

KORING

Koring bevat gluten en lektien, twee proteiene in brood, bier en ander koring-produkte , wat swelling en gas veroorsaak in sekere individue. Lektiene bind soms met selle in die verteringskanaal wat die absorpsie van seker voedingstowwe verhinder.

Teenvoeter: Grane is bekend daarvoor dat hulle ‘n afname toon in kardiovaskulere siektes, gewigsverlies  en tipe 2 diabetes. As gluten jou laat opblaas en gas veroorsaak, kies kosse soos Quinoa, hawermout/oats, bruinrys of ‘buckwheat’.

Linda Kriel

Vir ‘n gesonde leefstyl kry die Linda Kriel toep (vir Android gebruikers) hier: https://lindakriel.co.za/app/

Indien jy ‘n Iphone het kliek hier vir ons Mooi Maag plan: https://lindakriel.co.za/product/mooi-maag-plan/

 

Leave a Reply