Die Beste Tyd om Jogurt te eet

Wanneer is die beste tyd om jogurt te eet?

 

1. Jogurt net voor slaaptyd, kan jou help om beter te slaap. Jogurt bevat triptofaan – ‘n aminosuur wat slaap induseer. Jogurt verminder ook gastro-intestinale simptone, soos hardlywigheid en ‘n opgeblase gevoel. Dit is maklik verteerbaar en ‘n voedsame slaaptyd peuselhappie. 

2. Jogurt kan na vermoeiende oefening geëet word, om spiermassa te verhoog. Tydens intense oefensessies verkeer spiere onder druk en kan beskadig word. Die regte post-oefening-voeding help met die herstelproses van die spiervesels. Die regte eetgewoontes en tydsberekening van etes rondom oefensessies kan uithouvermoë verhoog en bydra tot optimale voordeel uit die sessies. Die voedingstowwe in jogurt besit die nodige essensiële koolhidrate en proteïne, wat vir spierherstel benodig word.

3. Jogurt kan voor maaltye , vir gewigsverlies, geëet word. As ‘n proteïenryke bron, kan jogurt jou metabolisme verbeter. So kan meer kalorieë gedurende die dag verbrand word. Die proteïen in jogurt help verder met gewigsverlies, deur jou langer versadig te laat voel.

Alle jogurts het egter nie dieselfde samestelling nie. 

Jogurt word as gesonde kos bemark. Die suikers en geurmiddels in sommige jogurts, kan dit egter in gemorskos verander. Gewone jogurt is die gesondste opsie. As jy ‘n effense soetigheid wil hê, kan ‘n teelepel Xilitol, heuning of vars vrugte bygevoeg word.

Geskikte jogurt vir ons eetplanne:

Indien jy ons Lae vet Lae GI, volg, moet jy ‘n lae vet, of vetvrye gewone jogurt kies. 

Indien jy ons Lae Koolhidrate Hoë Vet eetplan volg, kies volroom of dubbelroom gewone jogurt. 

Indien jy ons Meditereense Eetplan volg, kies Griekse of volroom jogurt.

Al 3 ons eetplanne is beskikbaar op die LK Fitness toep.
Kliek hier om meer te lees oor die toep en dit af te laai:
  LK FITNESS TOEP 

This image has an empty alt attribute; its file name is New-logo-with-app-stores-1024x471.jpg 

Eet reg en gesond!

Linda xx

Leave a Reply