Die Beste oefening vir jou Heupe

Ek is mál oor hierdie heupoefening!
Dit oefen die boudspier én die heupe. Dit is ook ‘n baie belangrike oefening vir drawwers, aangesien swak heup- en boudspiere ‘n wanbalans kan veroorsaak en lei tot knieprobleme. Doen hierdie oefening so drie keer per week en kombineer dit met kardiovaskulêe oefeninge om die vetlagie op die heupe te verbrand. 

1) Lig jou knie op
Lê op jou linkersy, met 2014-07-23 10.23.13jou  bene 45° gebuig en rus jou kop op jou linkerarm. Hou jou voete bymekaar en lig net jou regternie op. Plaas jou regterhand aan die buitekant van jou regterbeen. Jou regterhand gaan dien as weerstand vir hierdie oefening. Alternatiewelik kan jy ‘n oefenrek om jou bobene sit vir ekstra weerstand, of soos wat ek op die dvd wys, hou gewiggies op jou been vas.

2) Druk af
2014-07-23 10.23.21
Druk nou jou regterknie af totdat dit net-net raak aan jou linkerknie, voordat jy weer die knie oplig. Wanneer jy jou knie laat sak, moet jy hard druk met jou hand en weerstand bied met jou regterbeen, sodat dit moeilik is om jou knie af te druk. Probeer 20-30 herhalings en doen dan dieselfde aan die anderkant. Doen uiteindelik 3 stelle aan albei kante. Jy kan jou heupe strek tussen stelle.

Stap saam met Linda Kriel in Sicily (Italië).
Kliek hier om meer te lees: https://lindakriel.co.za/winkel/uncategorized/stap-saam-met-linda-kriel-sicily-en-aeolian-eilande-italie/

Comments 3

  1. Hi Linda
    Ek sukkel om van vet aan my bene ontslae te raak. Dit is geneties. As ek gewig optel is dit eerste aan my bene. Bobene, net bo die knie, onder die knie en enkels. Ek trap fiets en doen bietjie aerobics maar dit voel nie of dit help nie. Kan jy raad gee asb.

  2. Hi Yolandi, ja dié oefeninge sal help vir jou “saddle bags”. Hier is vir jou ‘n paar wenke:
     As jy van die vetlagie aan die buitekant van die dye ontslae wil raak, moet jy die spier-oefeninge met aërobiese oefeninge kombi- neer, wat die vet sal help verbrand.
     Volg ‘n gesonde eetplan en moenie te veel eet nie, want as jy ‘n peerfiguur is sal al die vet om jou heupe saampak.
     Massering van die probleem-dele sal die bloedsomloop verbeter en selluliet verminder.
     In my boek Kry Daai Lyf is daar ‘n hele oeenprogram vir peerfiguur(lepelfiguur) op bl 87.

    Groete
    Linda

  3. Hi Linda
    Dié oefening v d heupe behoort dan v my “saddle bags” te help? Al word ek maer het ek altyd hierdie vreeskike heupe, ek voel soos n butternut….. Wat kan ek nog doen? Ek het nou begin fietsry. Dankie v al jou tips en raad.

    Groete

    Yolandi

Leave a Reply