Water was nog nooit so lekker nie!
Of jy nou gewig wil verloor of net gesonder wil voel en lyk, een van die beste maniere om van die gifstowwe in jou liggaam ontslae te raak is om water te drink. As jy sukkel om baie water te drink, probeer gerus hierdie detoks water, dit gee nie net ‘n lekker smaak aan jou water nie, dit bevat amper geen kilojoules nie en dit is baie gesond. Maak dit in ‘n groot beker of waterbottel en plaas dit oornag in die yskas. Drink 6 tot 8 glase per dag. Sien die resep hier onder.
Wil jy detoks?
Die Linda Kriel Fitness TOEP het ‘n 1 dag DETOKSPLAN. Jy kan dit eenmaal per week of eenmaal per maand doen. Kliek hier as jy meer wil lees of die toep wil aflaai: TOEP
Resep:
Sny die volgende in skyfies:
- Halwe komkommer (bevat anti-inflamatoriese eienskappe)
- Halwe suurlemoen (help jou om van gifstowwe ontslae te raak.)
- Halwe pomelo (daar word beweer dat pomelo help met vetverbranding) of jy kan ander vrugte gebruik soos aarbeie, lemoene, bloubessies.
- ‘n Handvol kruisementblare (help met vertering)
- Jy kan gemmer ook bysit as jy van die smaak hou. Gemmer help met vertering en verlig pyn.
Dit kan tot 3 dae in die yskas bly voordat jy nuwe vrugte moet gebruik.
Comments 22
Hi Nicky
Jy kan enige glas bottels verkieslik gebruik om jou Detoks water in te maak en stoor.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi Nicky
Die bottels is slegs ‘n foto, jy kan enige glas bottels verkieslik gebruik vir die water.
Groete
Lize
LINDA KRIEL FITNESS
hello
waar kry ek die bottels hier bo en is dit glass
Hi Sunell
Ek het jou per epos beantwoord.
Detoks is belangrik om van gifstowwe ontslae te raak. Dis goed vir jou algehele gesondheid.
Die dag wat ek detoks oefen ek minder, glad nie of anders.
Ek skaal my kardio sessie af en doen nie ‘n intense sessie nie. Ek spaar bietjie energie.
Ek kies ook ‘n dag wat nie te besig is nie.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi ek wil hoor kan ek oefen en detoks doen op dieselfde dag
Hi Annelize
As jy met die Lae GI begin het hou vir nog so 2 weke aan en as jy steeds nie gewig verloor nie verander na die Banting of andersom.
Mense verskil en daarom werk sommige kosse nie met almal nie.
Ek kan bv nie die Lae Gi doen nie dan tel ek steeds gewig op, die koolidrate werk net nie vir my nie.
Let ook dat jy jou kardio oefeninge verhoog soos jou stap, darf, fietsry, swem ens. Kardio help met vetverbranding wat die kilos afskud.
Hou by die plan. Hou ook ingedagte dat hormoonskommeling ons vroue sommige weke meer kniehalter as ander weke.
Groete
Lize (Biokinetika)
Goeie dag Linda
Gister was ek 7 dae volstoom op die Kick Start Dieet met die 8ste dag op die detox.
Het elke dag geoefen maar is mismoedig. Het 1.1 kilos opgetel. Wat kan die fout wees.
Groete
Annalize
Hi Annalize
Jy kan enige bobotie resep gebruik maak net seker jy vervang die bestanddele soos op jou eetplan voorgeskryf. Bv. met Lae GI gbruik jy Lae Vet melk en met banting volroom melk.
As jy brood in die resep gebruik vevang dit met Oat Bran en Maer Maalvleis vir Lae GI. Vir banting sit ek ‘n ekstra eier in, in die plek van die brood, ek gebruik gewone maalvleis wat vet bevat.
Lekker Bobotie maak!
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi Annalize
Die groot verskil tussen Marmite en Bovril is dat Marmite vegetariese en Bovril ‘n beesvleis aftreksel is.
Jy kan dit vervang.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Goeie dag
Is daar ‘n resep vir Bobotie?
Goeie dag
Wil net weet mag ek Bovril in plaas van Marmite gebruik
Hallo Linda
Die viskoekie resep op die Lae GI eetplan:
Bestanddele:
1 x 410g blikkie salm of pilchards in tamatiesous
1 fyngekapte ui
10ml (2 teelepels) fyngekapte pietersielie
250ml (1 koppie) hawermout
1 eier
15ml (1 eetlepel) olyf- of canola olie
Metode:
Haal vis uit water of sous en vlok.
Meng die vis, gekapte uie, pietersielie en hawermout asook eier.
Maak 6 ronde viskoekies
Verhit die olie in ‘n pan en bak die viskoekies tot gaar en bruin.
LEKKER EET!
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi. Wil hoor waar kry mens die viskoekie resep?
Hi Nella
Ek maak dit met 1 liter water, 3- 5 kaneelstokkies en appelskywe(halwe tot 1) soos jy verkies.
Laat 3ure of oornag staan en drink. Na 2-3 dae maak ek vars water met kaneel en appel(As ek grootmaat maak)
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi. Ek soek graag die resep van die water met di appel en kaneel waar soek ek dit
Hi Erika
Ek drink self nie Aloa Vera gegeurde water nie. Onthou om altyd die bestanddele op jou aankope te lees. Seker geure Aloe Vera water het suiker bygevoeg. Ek sou aanbeveel dat jy eerder suiwer water of detoks water drink. As jy die Aloe Vera gegeurde water wil drink beperk jou inname en lees die voedingswaarde agterop die verpakking.
Groete
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hi Erika
Die detoks water kan jy meng met meer as een bestandeel. Jy kan suurlemoen en mint saam ingooi of aarbeie en bessies. Kry vir jou ‘n smaak waarvan jy hou soos in die voorbeelde genoem. Gebruik bestanddele wat in seisoen is want dit is goedkoper.
Geniet die detoks water.
Groete
Lize (Biokinetika)
Hi Linda
Ek drink die Aloe vera flavoured water, die peach en strawberry. Is dit goed, en hoeveel keer n dag stel jy voor drink ekke dit?
Wil gou hoor, die bestandele hierbo, meng jy als saam in 1 bottel water, of elke vrug appart in water soos op pic?
Hi Linda
Waar kan mens die dvd koop?
Dit sal defnitief my help om meer water te drink, dankie <3
Dit lyk heerlik.