Briam Groente

Briam Groente

Hierdie resep kan in al 3 ons eetplanne/spyskaarte op die toep gebruik word: die Lae Koolhidraat(Banting/Keto); die Lae GI Lae Vet Eetplan; en die Mediterreense Eetplan.

‘n Absolute verruklike Mediterreense gereg. Die naam Briam kom heel moontlik van die Turkse woord biryam af, maar kom oorspronklik van die Persiese biryan af. Briam is basies groente, wat op die Griekse manier, gerooster word. ‘n Paar eenvoudige bestanddele wat in ‘n fees verander word!

 

(maak 4 porsies)

 Bestanddele:

  • 1 medium eiervrug in sirkels gesny
  • 1 groen soetrissie, in repe gesny
  • 1 rooi soetrissie, in repe gesny
  • 1 geel soetrissie, in repe gesny
  • 4-5 murgpampoentjies, in lengte gesny
  • 1 rooi ui, grof gekap
  • olyfolie
  • 2 eetlepels vars dille
  • 2 eetlepels gekapte vars pietersielie
  • 2 knoffelhuisies, fyn
  • sout en peper na smaak
  • ¾ koppie geblikte tamaties
  • vars pietersielie vir garnering

 

Metode:

Voorverhit die oond tot 180°C (356°F).

Rangskik die eiervrug, soetrissies, murgpampoentjies, ui in ‘n oondvaste bak. Gooi olyfolie oor die groente en maak seker alles is mooi bedek met die olie.

Voeg by die dille, pietersielie, knoffel, sout en peper. Meng alles.

Voeg tamaties by en meng.

Bedek die bak met foelie en bak vir 90 minute.

Garneer met pietersielie.

Bedien 4.

Geniet die feestelikheid  van die groente van die Mediterreense kookkuns!

 As jy nog meer smaaklike maaltye  en ‘n gesonde leefstyl wil geniet, gaan kyk na die LK Fitness toep .
Kliek hier om meer te lees en jou eerste 7 dae gratis te kry: LK FITNESS TOEP 
This image has an empty alt attribute; its file name is New-logo-with-app-stores-1024x471.jpg
Bly gesond en fiks en voel goed in ons mooi LK-oefenbroeke.
Hier is die skakel: LK Oefenbroeke
This image has an empty alt attribute; its file name is Botanical-floral-black-1024x1024-1-1024x1024.png

Leave a Reply