BOTTERBONE MET CHORIZO
Die geure van Spanje in een pot! Hierdie smaaklike Mediterreense eenskottelgereg is perfek vir enige tyd van die jaar.
(bedien 4)
Bestanddele
- 150g chorizo
- 1x410g botterbone, gedreineer
- 1 teelepel gerookte paprika
- ¼ koppie witwyn-asyn
- 2 eetlepels Old Brown sherrie
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- Sap van 2 suurlemoene
- 1-2 eetlepels vars gekapte kruisementblare
Metode
- Sny die chorizo in 0.5cm ringetjie en halveer.
- Braai die chorizo in ‘n pan totdat dit begin verbruin
- Voeg die botterbone by.
- Meng die paprika, asyn, sherrie, knoffel en suurlemoensap saam.
- Gooi die sous oor die bone-mengsel in die pan.
- Laat liggies braai totdat die asyn en sherrie verdamp het.
- Bedien warm, sprinkel gekapte kruisementblare oor.
Hierdie resep verskyn in ons Mediterreense e-boek.
Hier is die skakel om nog smullekker resepte te kry:
Mediterranean Diet e-book:
Op ons gewilde toep is die Mediterreense Eetplan ook een van
ons drie eetplanne. Om meer oor die toep te weet, hier is die skakel:
LK FITNESS TOEP