Blomkool-Wraps

Blomkool-Wraps

(Banting of Lae Gi)

Hierdie wraps is heerlik met enige vulsel van jou keuse. Saartjie van den Bergh – wat een van my Banting-eetplanne volg het hierdie resep vir my gestuur. Dit is is ideaal in die plek van brood. Daar is geen stysel in nie. As julle enige van my Banting eetplanne volg kan jy hierdie wraps gebruik saam met jou proteiene. Dit is ook in die spyskaart by die 3 Weke 3 Punt Plan se Dag 1 middagete.

As jy my Lae Gi eetplan volg gebruik lae-vet mayonaise vulsels en geen kaas in die deeg nie.

Kliek hier as jy my Fiks & Fabulous Plan met 21 menu wil kry:

Fiks & Fabulous Plan

Kliek hier vir die 3 Weke 3 Punt plan met ‘n 7 Dae menu:

https://lindakriel.co.za/product/3-weke-3-punt-plan/

Bestanddele

  • 1/2 Blomkool
  •  2 Eiers
  • Halwe Tlp kerriepoeier
  • Kwart Tlp sout

Metode

  • Voorverhit die oond tot 190° en plaas bakpapier in 2 bakplate
  • Sny die bloomkool in stukke (blommetjies)
  • Plaas die stukke blomkool in ’n voedselverwerker of gebruik ’n elektriese
    mengstok (stick blender) totdat die blomkool ’n fyn krummelrige struktuuk het is
    (amper soos cus-cus)
  • Plaas die krummels, tesame met ’n kwart koppie water in ’n pan met ’n deksel en
    kook op medium hitte vir ongeveer 8 minute, tot sag.
  • Dreineer die blomkool in ’n sif en plaas dit dan in ’n skoon vadoek.
    Druk enige oortollige water ferm uit die blomkool.
  • Meng die res van die bestandele met die blomkool in ’n bak.
    Maak twee sirkels op die bakplate met die “deeg”. Druk dit plat sodat dit ’n dun
    laag vorm. Hou die “deeg” kompak. Jy moenie die bakpapier deur die deeg kan
    sien nie.
  • Bak vir sowat 17 minute in die oond totdat die deeg droog en buigbaar is. Verwyder dit liggies en laat dit afkoel op ’n droograk, sodat die onderkant nie pap word nie. Vul dit met jou gunsteling vulsel.
    (Saartjie van Den Bergh sê sy sit ‘n eetlepel gerasperde kaas by die “deeg”. Dit
    bind die deeg beter én sy het ook dit verkies met bietjie meer kerriepoeier).

Los gerus kommentaar hier onder en laat weet my of julle dit gemaak het en of jy enige ander wenke het vir die wraps.

 

Groete

Linda xxx

Comments 3

  1. Hi Linda
    Ek volg jou banting eetplan en doen ook van jou oefeninge. Ek het vreeslik las van ‘n spastiese dikderm. Met die gevolg is my maag nooit heeltmal plat nie. Eks baie moedeloos, want ek oefen gereeld en dan wil ek graag ‘n plat maag ook hê.
    Dit wil voorkom of ek glad nie iets soets kan of mag eet nie, want dit blaas my maag vreeslik op. Is daar enige ander alternatief om die “soet” te vervang. Ek is nogal ‘n soettand, maar ek is streng op myself maar partykeer slaag ek nie daarin nie.
    Hoop jy kan my help en net weer ‘n slag moed gee. Met my dikderm wat so kompleks is, wissel my gewig ook gedurig. Ek is moedeloos. Ek wag graag ‘n antwoord van jou af. Mooi week vir jou!

    1. Hi Liztha
      Ons dieetkundige Anel stel voor dat jy met ‘n dieetkundige gesels ivm die spastiese dikderm -jy sal individuele en spesiale aandag moet kry. Spastiese kolons het spesifieke advies nodig aangesien meeste mense met spastiese kolon se simptome en ‘triggers verskil.

      Jy kan die soet vervang met ‘n versoeter. Passop vir hoe volumes Xylitol, dit kan die dikderm verder opblaas, pyn en ongemak veroorsaak. Daar is egter niks verkeerd met 2-3 blokkies donker sjokolade so per geleentheid nie. Kompenseer daarvoor deur 20 min ekstra oefening te doen of om te sny op jou koolhidraat inname deur die loop van die dag.

      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

    2. Middag Liztha

      dit wat ek gaan se mag moontlik nie meer saamgestem word nie. Ek sien dis ‘n post van 2017 maar ook onlangs eers oplossing gekry. Ek self ‘n ‘n erg spastiese kolon. Dieetkundiges, spesialiste, dr’s , was daar, duur medikasies en niks het so te se gewerk nie. Iemand het ons vertel van “Jigsemoer”, dit het Aloe in, dis bitter maar vandat ek dit drink, aand en oggend, het ek nog nie weer opelyf probleme gehad nie. Dit help ook vir suiker, Cholesterol en vele ander goed. Dit was en is steeds my redder, sonder dit, blaas ek op, ek is ongemaklik en bygese, reggeeet en steeds gesukkel tot “jigsemoer” my lewe ingekom het. Fruit Lovers Market, Dischem verkoop dit. soos hulle se, jy kan net probeer, ek het en dit werk , so ook ander mense wat selfde probleem het.

Leave a Reply