Beperk kilojoule inname sonder om honger te ly!

BEPERK KILOJOULE-INNAME SONDER OM HONGER TE LY!

3 Wenke om jou kilojoules te verminder sonder om honger te ly.

Dit is normaal om bietjie honger te voel sodra jy begin sny op jou kilojoules, maar jy hoef nie jouself uit te honger nie. 

Hier is 3 wenke om kilojoules te sny sonder heeltyd honger te voel:

  1. SNY LEË KILOJOULE KOSSE UIT

Begin deur kosse wat laag in voedingswaarde is, uit te sny.  Alkohol, lekkers, gaskoeldrank, gemorskos, koek en koekies, is maar ‘n handjievol van die logiese kosse om uit te sny. 

Soms is dit te oorweldigend om al jou gunsteling gemorskos op een slag prys te gee. Jy hoef nie noodwendig almal gelyktydig uit te sny nie. Begin met een of twee en maak dit elke week meer.

  1. EET GROENTE OM DIE GAATJIE TE VUL

Groente bevat waardevolle voedingswaarde wat jou liggaam en gesondheid bevoordeel.

Eet jou groente! Dit is laag in kilojoules en vet en dit laat jou langer versadig voel en minder skuldig.

Byvoorbeeld indien jy gewoonlik ‘n groot bord pasta opskep kan jy eerder net ‘n klein porsie pasta inskep en dan ook zucchinni (baby marrow) noodles maak waarop jy die res van jou sous opskep.  Die volume is dus steeds dieselfde maar met minder kilojoules.

  1. EET HOË-VESEL KOSSE

Hoë-vesel kosse (bv. applels, gort, groenbone, blomkool, oats) is meer vullend, het minder kilojoules vir dieselfde volume, en dit verteer stadiger as lae vesel kosse. 

Dit beteken jy sal minder eet en langer vol voel, wat oor tyd help met gesonde gewigsverlies. Navorsing in “Annals of Internal Medicine” toon dat deur net jou daaglikse vesel inname effe te verhoog, dit ‘n bydrae tot jou gewigsverlies strategie sal lewer – veral as jy dit moeilk vind om by ‘n streng dieet te hou. 

Lees gereeld jou voedsel etikette om seker te maak jy eet genoeg veselryke kos. 

Met die Linda kriel Finess Toep sal jy gewig verloor sonder om  honger te ly, lees meer hier: Linda Kriel TOEP

 

Leave a Reply