Behaal jou doelwitte deur deel te wees van ons toep-gemeenskap!

Behaal jou doelwitte deur deel te wees van ons toep-gemeenskap!

Het jy doelwitte wat jy net nie bereik nie? Sukkel jy om gereeld te oefen of om gemotiveerd te bly?

Om jou doelwitte te bereik, is dit belangrik om ‘n gemeenskap te hê wat jou ondersteun en aanmoedig. Ons doel is om vroue te help en te bemoedig met hul gesonde en fikse leefstyl. Daarom het ons n nuwe Facebook geslote groep  SLEGS vir toep gebruikers. Ongeag wat jou doelwitte of redes is vir jou gesondheide leefstyl, die nuwe LK FITNESS community  eksklusiewe forum is ‘n plek waar almal mekaar kan ondersteun en motiveer.

Ons het onlangs die geslote Facebook blad begin vir toep gebruikers en ons moedig jou aan om aan te sluit.

Wat om te verwag:
  • ‘n Gemeenskap waar almal hul suksesse en terugslae deel.
  • Mekaar motiveer en inspireer in ‘n veilige, nie veroordelende forum.
  • Bespreking van oefenprogramme en eetgewoontes – en alles tussen in!
  • Nuwe uitdagings sien en bespreek. Neem deel aan nuwe uitdagings (challenges).
  • Bekendmaking van nuwe opgraderings op die toep.
  • Terugvoer.
  • Ondersteuning
  • Deel van jou voor en na foto’s.
  • Nuus oor ander LK Fitness gebeurtinisse.

Kliek hier om aan te sluit (dis gratis): LK FITNESS geslote groep

Om gemotiveerd te bly elke dag is ‘n moeilike taak, veral as jy alleen is. Ons wil graag die pad na ‘n gesonder leefstyl, makliker maak vir jou.

Die LK FITNESS Span is altyd beskikbaar vir enige vrae en kommentaar wat ‘n spesifieke antwoord benodig – soos rekening en subskripsie inligting.

Ons sien uit om jou in die groep te verwelkom!

LK FITNESS Span

Leave a Reply