BANTING WENKE

Hou hierdie wenke ingedagte as jy die Banting eetplan volg:
  • Suiker en meeste versoeters veroorsaak skommelinge in jou bloedsuikervlakke wat veroorsaak dat jy kort-kort honger voel. Gebruik liewer gesonde versoeters soos Stevia of Xylitol. 1 teelepel suiker bevat 67 kJ; 1 teelepel Xylitol bevat 40 kJ.
  • Avokadopeer kom gereeld voor in die eetplan, omdat dit BAIE voedingswaarde het en baie gesonde vette bevat. As jy avo eet bly jy langer versadig. As jy egter nie van avo hou nie, kan jy enige groen groentes in die plek daarvan eet bv komkommer, broccoli ens en ‘n bietjie olyfolie daaroor gooi, of ‘n paar rou neute daarmee saam eet.
  • Sommige mense met ‘n hoë spierpersentasie word meer gereeld honger deur die dag, omdat hulle spiere baie energie verbrand. As jy ‘n persoon is met ‘n hoë spierpersentasie, kan jy jou ekstra peusel aan biltong, handvol neute (nie meer as 1 handvol per dag), vetverbrandingsop, kaas, koffie/tee met room ens. As jy egter sien jy verloor nie gewig nie, moet jy liefs die ekstra peuselhappies weer uitsny.
  • Koffie en tee: Jy kan 4 koppies tee of koffie drink per dag. Let op, daar is ‘n koppie melk per dag ekstra toegelaat daarvoor op die eetplan. As jy nie koffie of tee drink nie, kry jy ‘n ekstra 150 ml volroom jogurt eet per dag.
  • Wat om te drink: Drink BAIE (6-8 glase) water. Dit is uiters gesond en help met gewigsverlies. Sien my detoks-water resep in die Detoks hoofstuk. Jy kan ook groentee, koffie, tee of die Low Carb Aloe of Low carb coconut water drink. Alkohol maak jou honger. Wees dus versigtig dat jy nie gereeld alkohol gebruik as jy gewig wil verloor nie. Vermy bier, ciders, coctails en enige drankies wat koeldrank bevat. Droë Rooi- en witwyn en sjampanje kan jy drink.
  • Onthou Banting gaan oor “real food”. Probeer organiese eiers, melk vleis ens gebruik. Vermy geprosseseerde kos soos saamgeperste ham, worsies ens.
  • As jy boerewors koop, lees die voedingswaarde strokie agter op die pakkie. As dit min koolhidrate bevat is dit reg. (ek koop gewoonlik dié met 3g of minder koolhidrate). As jy Bacon koop, probeer om die hout gerookte spek (wood smoked) bacon te koop.
  • LEES agter op die produkte se houers om te sien of dit hoog of laag in koolhidrate is. (Ek soek gewoonlik vir produkte wat laer is as so 5g per 100g)
  • Hierdie is nie ‘n dieet waarop jy gaan en later weer afgaan nie. Dit moet jou leefstyl word. Die eetplan is net ‘n riglyn vir jou, maar jy hóéf nie al die kos te eet op die spyskaart nie. Bly by die riglyne wat ek vir julle gegee het saam met die eetplan. GEEN suiker, HOË vet, GEEN stysel.
  • Vir die BANTING eetplan kliek hier: Al die planne kan gekombineer word.

Fiks & Fabulous

Kick-start Plus

Wenlyf Banting

3 Weke 3 Punt

Leave a Reply