Banting SAADBROOD

Saadbrood

Hierdie brood is heerlik en baie maklik om te maak. Dis ideal om te eet as jy ‘n Lae Koolhidraat eetplan  volg. Dit sny maklik en kan ook gevries word.

Jy kan dit eet in al my Banting eetplanne. Kliek hier vir die nuutste 21 Dae plan:

KICK-START PLUS

BESTANDDELE:

  • 50 ml lynsade (flax seeds)
  • 100 ml sonneblom sade
  • 300 ml amandel meel
  • 30 ml psyllium husk
  • 250 ml karringmelk/Griekse joghurt/suurroom/amasi
  • 5 eiers
  • 10ml bakpoeier
  • 5ml sout
  • 5 ml vanilla geursel
  • Knippie stevia of teelepel xylitol
  • Let wel: Vir ‘n ietsie ekstra kan jy kaneel, kardemon, komyn of pampoensade insit.

METODE:

  1. Plaas al die sade in ‘n koffie meule of ‘blender’ en maal tot fyn.
  2. Meng die droë bestanddele saam.
  3. Meng die nat bestanddele saam en gooi by droë bestanddele en meng goed. Meng in mengbak met houtlepel.
  4. Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde broodpan.
  5. Strooi poppie- en sesamsade bo-op indien jy verkies.
  6. Bak in ‘n 180° oond vir 50 minute

Geniet dit!

Linda

 

Leave a Reply