Banting SAADBESKUITJIES

SAADBESKUITJIES (Banting)

Hierdie beskuitjies is maklik en vinnig om te maak. Dis ‘n “on-the-go” manier om jou beplanning van middagetes te vergemaklik. Maak genoeg omdat jy dit kan stoor  in ‘n lugdigte houer om oor tyd gebruik te word.

Die beskuitjies kan saam met enige van my Banting eetplanne gebruik word en kom op die spyskaarte voor.

Kliek hier as jy elke dag eetplanne en oefenprogramme op jou slimfoon wil kry: LINDA KRIEL FITNESS TOEP

Resep:

Bestanddele:

  • 200g Sonneblomsade.
  • 100g Sesame Sade
  • 60g Flaxseed
  • 2 Opgehoopte Eetlepels Psyllium Husk
  • 1 Teelepel Sout
  • 500 ml Water.

Metode:

  1. Meng al die bestanddele saam en laat staan vir 20 minute.
  2. Jy kan in die plek van sout ook speserye soos Chilli of “Garlic and Herbs” byvoeg.
  3. Deel die deeg in 2 dele en sprei elke deel uit oor bakpapier of Silikoon bakvel op ń oondpan.
  4. Bak in ń 160ºC oond vir 1 uur. As nog nie droog is nie, plaas terug in die oond vir nog 15 minute.

Leave a Reply