Banting pizza in ‘n koppie!

Banting pizza in ‘n koppie

As jy opsoek is na ‘n vinnige, maklike en smaaklike ete dan is hierdie resep vir jou. Maak hierdie liplekker gereg vir middag- of aandete in 5 minute in die mikrogolf.

Bedien 1.

Bestanddele

  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel room of amandelmelk
  • 1 eetlepel amandelmeel
  • 1 eetlepel klappermeel
  • ⅛ teelepel bakpoeier
  • ⅛ teelepel Italiaanse speserye
  • 1 eetlepel gerasperde parmesan kaas
  • 1 eier
  • 4 eetlepels gerasperde mozzarella kaas
  • 2 eetlepel tamatiesous (min tot geen suiker)
  • 8 pepperoni of spek of chirizo of salami skyfies

Metode:

  1. Maak seker jou beker is 500ml groot.
  2. Smelt die botter in die beker in die mikrogolf vir ongeveer 20 sekondes op hoog.
  3. Voeg die amandelmelk of room, amandelmeel, klappermeel, bakpoeier, speserye, parmesan en eier in die beker. Roer goed tot alles gemeng is, maak seker die eier is opgebreek.
  4. Voeg die helfte van die mozzarella, helfte tamatiesous en helfte pepperoni of spek in die beker en meng.
  5. Kook op hoog in die mikrogolf vir 1 minuut en 45 sekondes.
  6. Haal beker uit die mikrogolf en plaas die orige sous, kaas en spek of pepperoni bo-op.
  7. Mikrogolf vir nog 20 sekondes.

Mikrogolf oonde se krag sterkte verskil daarom sal jy die kooktyd moet aanpas by jou mikrogolf. As die ete te droog is, verminder die kooktyd met 10 sekondes. As dit te nat of klam is bo-op of in die middel kook dit vir 15 sekondes langer, volgende keer.

Nota: gewone tamatiesous het gewoonlik suiker in. Probeer die lae kilojoule tamatiesous aanskaf, of tamatie paste met bietjie Xilitol. Andersins net minder van die gewone tamatiesous.

Hierdie en veel meer te kry op die Linda Kriel Fitness Toep, kliek hier:

Linda Kriel TOEP

Resep te danke aan: eatlikeabear

Leave a Reply