BANTING MAYO

Banting Mayo

Die Mayonaise wat ’n mens in die supermarkte koop word gemaak van saadolie  (canola- , sonneblom- ens) en dit is taboe op die Banting eetplan. Maak jou eie gesonde mayonnaise. Jy kan hierdie mayo tot ’n week lank in die yskas hou. Sien resep hier onder.

Die volgende aanlynplanne bevat verskillende van my Banting eetplanne:

Fiks en Fabulous

3 Weke 3 Punt Plan

Wenlyf Banting en Mooi Maag

Kick-Start PLUS

Banting Mayo Resep
Bestanddele:
  • 1 Hele Eier
  • 2 Eiergele
  • 1 eetl Dijon Mostert
  • Sap van een suurlemoen
  • 1/2 (half) koppie klapperolie (coconut oil) ekstra virgin
  • 1/2 koppie goeie kwalitiet olyfolie
  • 1 eetl Dubbelroom jogurt
  • Sout en peper

(Dit maak 400ml)

Metode:
  1. Kombineer die eiers, mostert en suurlemoensap in ’n voedselverwerker of met jou stokmenger (stick blender).
  2. Smelt die klapperolie sodat dit vloeistof is. Moet dit egter nie te warm verhit nie, anders kan die eiers skif.
  3. Draai die voedselverwerker op ’n vinnige spoed en gooi die klapperolie en die olyfolie stadig by die eiermengsel.
  4. Sodra die olie- en eiermengsel goed gemeng is (ge-emulsifiseerd is), gooi die jogurt by asook sout en peper na smaak.

Hierdie resep kom uit Prof Tim Noakes se boek The Real Meal Revolution.

Leave a Reply