Banting Koek in ‘n Koppie

Banting Koek in ‘n Koppie

DSC1406

Goeie nuus! Dié wat my Banting-eetplanne volg kan van hierdie koek eenmaal per week eet.

Die Linda Kriel Fitness toep het twee eetplanne om van te kies: Banting en Lae GI Lae vet.

Bestandele:

4 Eetlepels Amandel-meel (koop in gesondheidswinkel of maak dit self deur amandels fyn te maal met koffiemeul)

3 Eetlepels Xilitol

3 Eetlepels gesmelte botter

3 Eetlepels Melk

2 Eetlepels Kakao

1 Eier

Klein bietjie Vanilla

Metode:

Meng alles saam in ‘n koppie of beker.

Mikrogolf totdat dit 1cm bokant die rand gerys het.

Bedien met room en een of twee aarbeie.

Laat weet my wat julle daarvan dink!

Linda

Comments 2

  1. Goeiedag

    Hierdie resep se Print Friendly weergawe gee net die opskrif en die foto, geen woorde nie. Dit is vir beide Print en die Pdf opsies.

    Groete
    Wida

    1. Hi Wida

      Ons aanlyn eet- en oefenplanne kan nie uitgedruk/geprint word nie.
      Jy sal dus nie die resepte of oefeninge kan uitdruk nie.
      Ons neem wel screenshots en gebruik dit dan so.
      Slegs die spyskaarte/menus van ons programme kan uitgedruk word.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

Leave a Reply