Banting eetplan: Hoeveel VET en KILOJOULES mag jy per dag eet?

1) Hoeveel vet moet mens eet as jy Banting doen?
Baie mense wat Banting doen sê hulle daaglikse eetplan bestaan uit 70% – 75% vet; 20 – 25 % proteïene en 5 – 10% koolhidrate. My Banting eetplan bestaan uit 65% goeie vet; 20% proteïene en 15% koolhidrate. Moenie die fout maak en só baie vet tydens ‘n ete eet dat jy siek voel nie! Eet net genoeg. Deur jouself te dwing om vet te eet, sal jou net ‘n afkeur gee. Goeie vet gee jou energie en help dat jy versadig bly vir baie langer. As jy honger word tussen maaltye, weet jy dat jy nie genoeg vet ingekry het nie. Eet dan volgende keer bietjie meer goeie vet soos olyfolie, klapperolie (coconut oil), neute (pas net op dis baie hoog in kilojoues. Net ‘n handvol per dag as jy gewig wil verloor); bietjie room, stukkie kaas.

2) Hoeveel kilojoules moet ek per dag eet as ek Banting doen?
Met Banting is daar geen rede om kilojoules te tel nie. Banting is heeltemal anders as die Lae GI eetplan. Jou liggaam werk anders as jy Banting doen. Met Banting leer jy om na jou liggaam te luister. Die eetplan is net ‘n aanduiding van hoe om te eet, maar elke persoon kan dit aanpas. Sommige dae voel mens ook meer honger as ander dae. Sommige mense het ‘n hoër spier % en hul liggame verbrand vinniger energie, dus kan hul meer kilojoules inneem as iemand met ‘n lae spier %.
As jy getrou die groenlys (Wat jy mag eet) volg en na jou liggaam se honger- en versadigseine luister sal jy resultate kry.
Daar is bv in die eetplan nie peuselhappies nie, maar dit beteken nie dat jy niks mag eet as jy honger voel nie. As jy tussen middagete en aandete honger raak, kan jy aan ‘n stukkie kaas,’n handjie vol neute, of ‘n klein stukkie Avo met ‘n bietjie olyfolie peusel. Maar dit gaan beteken dat jy nie so baie honger gaan voel tydens aandete nie en dus jou porsies kleiner maak.
Dus, vergeet van kilojoules op die Banting eetplan en eet wanneer jy honger is. Moet nooit te veel eet dat jy siek voel nie. As jy gedurig honger voel, moet jy jou goeie vetinname verhoog.
Omdat jy hoër vetinname met Banting het, beteken dit dat jy langer versadig is. Jou liggaam verbrand vet en stoor nie vet soos op ander eetplanne nie.

Jy kan al die Banting eetplanne kombineer, kliek hier om jou Banting eetplan aan te skaf:

Fiks & Fabulous

Kick-start Plus

Wenlyf Banting

3 Weke 3 Punt

BANTING EETPLAN OP TOEP

Kry die Linda Kriel Fitness toep (app) hier: Google Playstore

 

Leave a Reply