Banting Kaaskoek

Banting Kaaskoek

Maak die heerlike, ryk en romerige kaaskoek as ‘n nagereg of ‘n teetyd bederf. Die smaakvolle en gesonde koek is laag in koolhidrate en as jy my Banting eetplan doen, kan jy dit eenmaal per week eet.

BESTANDDELE:

BASIS:

250ml amandel meel

100ml klapper

60ml botter, gesmelt

VULSEL:

500ml natuurlike volroom jogurt

250ml maaskaas

100ml xylitol

60ml suurlemoensap

2 eiers

20ml gelatien

METODE:

  1. Voorverhit die oond tot 180C.
  2. BASIS: Meng al die bestanddele saam en druk plat in ‘n tertbord. Gebruik ‘n medium grootte glas of pyrex bak. Ad die bak te groot is, is die koek te plat en krummelrig. 
  3. VULSEL: Smelt die gelatien in ‘n koppie met 20ml lou warm water. Meng al die bestanddele saam in ‘n voedselverwerker/blender. Gooi die vulsel stadig oor die kors en bak vir 20minute.   
  4. Skakel die oond af en laat die kaaskoek afkoel in die oond met die deur van die oond effens oop. Verwyder uit die oond en plaas in die yskas vir nog 2 ure. 
Kliek hier om my gesonde leefstyl Toep/App te kry: 

Linda Kriel Toep

Leave a Reply