Banting Bredie
Wees versigtig … gewone bredies is meestal hoog in koolhidrate (aartappels, suiker, meel) én vet! Daarom is bredies taboe in gewigsverlies-planne. Hierdie Banting Bredie kan jy egter met ‘n gesruste hart maak. Die resep – uitgewerk deur Anel Kirsten, ons dieetkundige – is deel van die spyskaart in my Fiks en Fabulous Plan en jy kan dit ook in enige van my ander Banting eetplanne vervang met die middag- of aandete op die spyskaart.
Die Fiks en Fabulous Plan is my nuutste 21 Dae gewigsverlies program en bevat 21 dae se oefenprogramme, asook ‘n banting-eetplan EN ‘n Lae Gi eetplan.
Kliek hier om meer te lees daaroor of om dit aan te skaf: Fiks & Fabulous
Kliek hier om my ander Banting-eetplanne te kry: Aanlynwinkel
Banting Bredie Resep
Bestanddele
1kg lamsnek of skenkels
Klapper olie vir braai
Sout en peper
2 medium uie, gekap
2 eetlepels gekapte knoffel
4 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel fyn neutmuskaat
1 ½ teelepel fyn koljander
2 eetlepels xylitol
2 eetlepels botter
750g groenbone en murgpampoentjies
400g pampoen, in blokke gesny
3 koppies water
Metode
In ‘n pot, braai die lam in klapper olie tot bruin. Geur met sout en peper. Verwyder die lam en plaas eenkant tot later. Gebruik dieselfde pot en braai die uie en knoffel tot sag. Plaas terug die vleis tesame met die suurlemoensap, neutmuskaat, koljander, xylitol, botter en laat kook oor ‘n lae hitte vir ‘n goeie uur – die vleis moet sag wees en van die been afval. Sodra die lam sag is gooi die res van die groente by. Voeg water by bietjies op ‘n slag sodat dit nie droog kook nie maar ook nie te watering is nie – kook tot gaar.
Geniet dit!
Linda Kriel xxx
Gewigsverlies-planne wat ook Banting-eetplanne bevat:
Comments 2
Hi Charmaine
Die resepte is meestal vir 4 persone, dus kan jy die gereg ongeveer in 4 verdeel om jou porsie grootte te kry.
Sterkte met die Banting eetplan.
Lize (Biokinetika)
LINDA KRIEL FITNESS
Hoeveel van die banting bredie mag ek eet, maw, hoeveel is ‘n porsie?