Banting Avo-en-Bessie Smoothie

 Banting Avo-en-Bessie-smoothie

Ek is mál oor die smoothie en sal dit partykeer drink in plaas van ontbyt of middagete. As ek nie gevriesde bessies het nie, gebruik ek vars aarbeie of bessies. As jy Banting doen kan jy bessies en aarbeie matig eet.

Sukkel jy om gewig te verloor?  Jy kan dalk insulienweerstandig wees. Mense wat my Banting (Lae Koolhidrate Hoë Vet) Eetplan volg kry fantastiese resultate en kry dit maklik reg om dié gesonde leefstyl te volg en hul oortollige gewig af te hou. Ek is insulienweerstandig en doen Banting al vir ‘n paar jaar. Ek sukkel gladnie met my gewig nie en het baie meer energie as toe ek koolhidrate geëet het. Kliek hier as jy my Wenlyf Banting Eetplan wil aanskaf:

WENLYF Banting Plan

 

150g Gevriesde gemengde bessies
200g Griekse jogurt OF coconut(kokosneut) room.
1 Avo
1 Koppie fyn ys
Bedien 2 persone.

Besoek gerus ook my aanlynwinkel vir oefenplanne en eetplanne en my oefen-dvd’s en boek. Kliek hier:

https://lindakriel.co.za/winkel/

 

Geniet die smoothie!

xxx Linda

 

 

Comments 6

    1. Hallo Emmerentia

      Die bessies is die enigste vrugte wat by die Banting eetplan pas omdat dit laag in Koolhidrate is.
      Indien jy ander vrugte, wat hoog on koolidrate is, gaan byvoeg is dit nie meer Banting nie.
      Plaas minder van die bessies en aarbeie in as wat die resep aandui en dit mag dalk minder na bessies proe.

      Groete
      Lize (Biokinetika)
      LINDA KRIEL FITNESS

  1. Hallo Linda

    Is die Wenlyf banting Plan ‘n heel nuwe dieet en oefenpragram, of was dit al voorheen op.
    Ek het al van jou programme gekoop, daarom wil ek graag weet.

    1. Post
      Author

      Hallo Rita

      Al my aanlynprogramme se eetplanne verskil en dis lekker om dit met mekaar te kombineer. Die enigste eetplanne wat dieselfde is, is die Engelse Best Body Banting plan wat dieselfde as die Wenlyf Banting Plan is, maar dit word gespesifiseer voordat jy dit koop.

      Groete
      Linda

    1. Post
      Author

Leave a Reply