Arms Om Op Trots Te Wees

As daar nou een oefening is wat my arms vinnig ferm maak is dit hierdie een! Jy’t geen gewigte nodig nie en net 1 minuut van jou tyd.

Om mooi arms te hê moet mens natuurlik ook jou vetpersentasie laag hou, anders sit jy met ferm armspiere met ‘n dik laag vet bo-op. Om jou vetpersentasie laag te hou moet jy kardiovaskulêre tipe oefeninge doen soos stap; draf; fietsry. My Rondte-oefenprogramme en HIIT-programme (High Intensity Interval Training) is fantasties vir vetverbranding! ‘n Goeie en gesonde eetplan sal ook help om van die vet ontslae te raak.

My LINDA KRIEL FITNESS TOEP sal help om van daardie ekstra vet ontslae te raak. Jy kry elke dag van die jaar jou spyskaart vir die dag (keuse tussen 2 eetplanne) en ook jou oefenprogramme. Kliek hier om meer te uit te vind of om dit aan te skaf: TOEP

Hier is my super Bo-arm opknapper!

Stap 1

IMG_7430

Die oefening werk die trisepspier aan die agterkant van jou bo-arms.
Daardie deel wat so wapper as jy vir iemand waai. Strek jou
arms reguit kant toe en draai dit vorentoe sodat jou handpalms boontoe wys. Jou duime wys
nou na agter.

Stap 2

IMG_7433Beweeg jou arms na agter. Hou dit reguit en so hoog moontlik agter jou rug opgelig sonder om te ver vooroor te leun. Handpalms wys boontoe. Beweeg nou jou arms in klein polsbewegings na mekaar asof jy wil hê jou hande moet mekaar agter jou rug raak, maar MOENIE jou elmboë buig nie. Pols, pols pols… vir 30 tot 60 sekondes. Jou arms bly heeltyd reguit.

Begin met 1 stel elke dag vir die eerste week; dan 2 stelle per dag vir die volgende week en dan 3 stelle per dag. Totdat jy uiteindelik 3 stelle van 60 sekondes per dag kan doen.

Laat weet my hoe julle arms voel.

Fiksheids-groete

Linda Kriel

Comments 12

  1. Ek sit met baie erge vet om my kniee en elemboe. Ek het al 26kg afgegooi maar daai area sukkel ek baie mee. Ek oefen 4x n week by n dame wat regtig puik is en het nou op jou blad oulike oefening gesien vir die res van die dae. Gee raad oor my kniee en elemboe asb…..

  2. Baie dankie ek het al so gesoek vir arm oefeninge ek het baie gewig verloor en nou hang die velle maar erg ek gaan dit beslis doen.

    1. As jy dit 4 of 5 keer per week doen sal jy binne 3 tot 4 weke al ‘n verskil begin sien. Onthou om ook die vetlagie te verbrand deur kardio te doen soos stap, draf of my Vetverbranding dvd.

    1. Rentzia, hier is al maagoefening op my webblad. Loer gerus. Ek sal ook binnekort iets opsit vir heupe. Die squats – wat ek ook op die blad het – sal help vir bobene en boude. Gaan kyk ook op die Kry Daai Lyf facebookblad vir heupoefeninge by verlede jaar 25 Okt’ 14 en 16 Nov’14 se post.

    1. Ja Ronel jy kan dit elke dag doen. Dis net liggaamsbouers wat GROOT spiere bou wat nie elke dag arms moet doen nie want hulle oefen met baie swaar gewigte en hul spiere het tyd tussen harde sessies nodig om te groei.

Leave a Reply