Welkom by die Linda Kriel Fitness familie.

Ons is só bly jy oorweeg dit om van nou af ’n gesonde, fikse leefstyl te volg,
nie net vir ’n week nie, maar vir altyd. Dis die beste belegging wat jy ooit sal maak.
Geniet Linda Kriel se oefenprogramme asook die gesonde eetplanne en resepte.

Jy is oppad na ’n nuwe JY!

Kry jou 7 dae gratis proeflopie!

Hier is die stappe na die NUWE GESONDE EN FIKSE JY:

Stap 1:

Kliek op die skakel hier onder om jou toepassing (App) op jou slimfoon af te laai, of gaan na Google Playstore (Android foon) OF App store (iPhone) en soek vir Linda Kriel Fitness en laai dit af. Om meer te lees oor die toep, kliek hier: LINDA KRIEL FITNESS

Indien jy enige vrae het, stuur asb ‘n epos na: info@lindakrielfitness.co.za.

Voordat jy die toep aflaai

Maak asb seker van die volgende:

  • Het jy genoeg spasie op jou foon? Die grootte van die toep is 31 MB. Indien jy nie genoeg spasie het nie, moet jy sekere goed op jou foon delete wat baie spasie opneem en wat jy nie gebruik nie.
  • Vir Android gebruikers: Het jy Android 4.1 of hoër?
  • Vir iPhone gebruikers: Het jy iOS 8.0 of hoër?
  • Het jy sterk genoeg Wifi om die toep-inhoud af te laai? Die eerste keer wat jy die toep-inhoud aflaai het jy sterk wifi nodig. Daarna kan die toep “offline” werk. Behalwe eenkeer per week as jy die volgende week se programme wil aflaai, dan het jy weer sterk wifi nodig.
  • Jy kan elke dag se videos ook aflaai as jy weet jy gaan nie by Wifi wees of genoeg data het, wanneer jy die program doen nie. Om die videos af te laai: gaan na die dag se programme en kliek – heelbo regs –  die “download” teken om elke video vir die dag af te laai.

Laai jou toep hier af