Ek is Linda Kriel en wil jou graag welkom heet by die Linda Kriel Fitness familie.

Ek en my span (dokter, biokinetikus, dieetkundige en IT spesialis) is baie opgewonde dat jy besluit het om ’n gesonde leefstyl te volg. Hierdie  toepassing (App) gaan jou lewe verander! Vir elke dag van die jaar het jy ’n nuwe oefen- en eetplan.

Hier is die stappe na die NUWE GESONDE EN FIKSE JY:

As jy nog nie het nie, kliek op hierdie skakel om jou toepassing (App) op jou slimfoon af te laai:

          LINDA KRIEL FITNESS APP

Jou programme en eetplanne word weekliks opgedatteer.

Moet Lees

As jy jou toepassing (App) vir die eerste keer oopmaak, lees asb die skermpies. Alles word daar verduidelik.

Indien jy enige vrae het, kan jy ‘n epos stuur na info@lindakriel.co.za.

Gaan kliek elke dag op jou toepassing (App) om te sien wat jou oefenprogram en eetplan vir die dag is. Jy hoef nooit weer te wonder watter oefeninge om te doen nie.

Oefenprogram opsies.

Met jou oefenprogram is daar altyd vir jou ’n keuse tussen Beginner, Middelvlak en Gevorderde Vlak. Maak jou keuse en begin oefen. Jy kan jou keuse enige tyd verander ook.

Eetplan opsies.

Met jou eetplan is daar altyd vir jou ’n keuse tussen Banting en Lae GI. Jy kan jou keuse enige tyd verander, maar moenie die twee eetplanne kombineer nie. Volg een eetplan vir ten minste ’n week of drie voor jy besluit om die ander eetplan te probeer.

Jou Subskripsie.

Jou Subskripsie (nadat jy jou 7 dae gratis ontvang het) sal outomaties maandeliks of jaarliks (afhangend van die keuse wat jy gemaak het) afgaan op jou bankrekening, tensy jy dit ten minste 24 uur voor die tyd kanselleer. Kansellasie vind plaas in die Google Play en iTunes store. Om meer uit te vind oor kansellasies, gaan na jou Profiel en kliek op opgradering, daar sal ‘n skakel wees “kansellasies”.