Oor Linda Kriel

Huidiglik

Buiten haar oefeninge wat sy aanbied op kykNET en haar skryfwerk vir tydskrifte en aanlyn, doen Linda ook staptoere in Tuscany en Amalfi in Italië en vanaf 2019 ook in die Kaap.

Sy bied motiverings-praatjies, werkswinkels en klasse aan oor die hele land en help duisende vroue om ‘n gesonde leefstyl te kweek en te handhaaf. Die Linda Kriel gemeenskap staan tans op 120 000 vroue.

Haar Boeke
  • Boek: 30 Dae Tot ‘n Nuwe Jy
  • Boek: Kry Daai Lyf – Oefenprogramme wat werk en Eetplanne vir Gewigsverlies (was einde 2014 die nommer een verkoper in CNA.)
Haar DVD’s
  • Kry Daai Lyf
  • Verbrand Vet Vinnig
  • Kry Daai Lyf 2 (2018)
Destyds: Body Beat

Kan jy nog onthou hoe ons saam met Linda Kriel in die vroeë negentigs soggens op Body Beat geoefen het? Wanneer die ontbytprogram Goeie More Suid-Afrika begin het, het ons reggeskuif om te kyk, of ons het ons oefenklere aangetrek. En as Linda met haar atletiese lyf en ritmiese oefening op die kassie verskyn het, kon ons nie anders as om gemotiveerd te voel om ʼn gesonder leefstyl aan te durf nie! Linda was ook in daardie tyd die aanbieder van vier baie suksesvolle oefenvideo’s, naamlik Bellies Boobs and Bums; Bodineticts; Fiks en Viets; en Bums Tums and Thighs.

Linda het nog altyd ʼn passie vir oefening en fiksheid gehad. Tydens haar B.Sc. studiejare aan die Universiteit van Pretoria het sy ‘n kursus in fiksheid- en oefenkunde by die Sportinstituut van UP gedoen en as student ekstra sakgeld verdien deur aërobiese klasse aan te bied. Daarna het sy oefen haar beroep gemaak.

Na die geboorte van haar twee seuns (1996 & 1998), het Linda haar toegespits op haar fiksheidskliniek in die Kaap. Hier het sy gefokus op oefening vir veral vroue asook gewigsverlies.

Tydskrifte het haar ondervinding van oefening en raad oor eetgewoontes en gewigsverlies opgeraap en so het sy ʼn bekende gesig geword in SARIE asook in FINESSE.

Deesdae: kykNET

Linda is die aanbieder en vervaardiger van Kry Daai Lyf op kykNET en Vakansielyf op Groot Ontbyt (vanaf Mei 2019)

“Haar jare lange betrokkenheid en passie vir fiksheid en gesondheid is aansteeklik.”