Voorgestelde banting resep – Thai hoenderkerrie

Voorgestelde banting resep – Thai hoenderkerrie

Bestanddele: 
  • 2 eetlepels klapper olie 
  • 4 Hoender borsies in repies gesny 
  • Sout en peper 
  • ½ geel soet rissie, gesny in repies 
  • ½ rooi soet rissie, gesny in repies 
  • 1 koppie gesnyde sampioene 
  • 5 murgpampoentjies, gesny in sirkels 
  • 400ml klapper room (coconut cream) 
  • 1 teelepel fyngekapte knoffel 
  • 1 eetlepel groen of rooi Kerrie pasta (green or red curry paste) 
  • Fyngekapte vars koljander 
Metode: 
  1. Verhit klapper olie in ‘n pan en roerbraai die honder vir 2-3 minute op medium tot hoë hitte totdat brgin verbruin. 
  2. Geur met sout en peper. 
  3. Voeg by al die groente en roerbraai vir 3 minute. 
  4. Voeg by die klapper room, knoffel asook Kerriepasta en laat prut oor laë hitte vir 10-15 minute. 
  5. Bedien saam met groen bone en blomkool rys. 

Nota: Die hoender kan ook verwang word met prawns. 

Is nou die tyd om jouself te bederf? Ons dink so! Kliek hier om vir jou ‘n LK oefenbroek te bestel.

LK oefenbroeke is uiters gemaklik en ondersteunend, ideaal vir beide oefening en ontspanning. Die hoë middellyf is ontwerp om jou slanker te laat lyk. Daar is verskeie patrone en elk kom in verskillende lengtes en grotes.

Leave a Reply