6 Redes Waarom Jy Altyd Honger Is

6 Redes Waarom Jy Altyd Honger Is

Jy behoort nie die heeltyd honger te wees nie. Baie mense voel op hul beste as hulle gereeld klein maaltye eet. As jy egter heeltyd honger voel, kan dit a.g.v. een van die volgende redes wees: 

1. JY EET NIE GENOEG PROTEÏEN OF VESEL NIE

Ons het ál die mikro-voedingstowwe (proteïen, koolhidrate en vet) nodig; en nie alle kalorieë het dieselfde invloed op ons versadigingsvlakke nie. Waar koolhidrate vir ons vinnig energie gee, het ons proteïene, vet en vesel nodig vir volgehoue energie. In ‘n Studie wat in die Nutrition Journal”  gepubliseer is, is bevind dat hoë-proteïen peuselhappies gehelp het om mens langer versadig te hou. Kossoorte hoog in proteïen en vesel hou ons langer versadig, a.g.v. die afbreek en vrystel van voedingstowwe uit die kossoorte. 

2. HORMOON-SKOMMELINGE

Wanneer jou liggaam konstant onder stres verkeer, verhoog jou kotisolvlakke (streshormoon) en dit kan lei tot ‘n verhoogde eetlus. Mense gryp dan ook gewoonlik na “trooskos”, wat onmiddellik bevredig; kossoorte wat verfynde koolhidrate en suikers bevat, wat jou nie lank genoeg versadig laat voel nie. 

Die hormonale veranderinge wat menstruasie teweegbring , kan ook lei tot ‘n verhoogde eetlus en eetdrange (“cravings”); beide hou verband met verhoogde moegheid en styging in energie behoeftes. 

Probeer om eerder ander maniere te kry om stres te hanteer. Gaan oefen, praat met vriende of familie, hou dagboek/skryf ‘n joernaal, lees, of speel met jou troeteldier.

3. JY SLAAP NIE GENOEG NIE

Slaap vervul ‘n belangrike rol in hormoonregulering. Dit kan bydra tot ‘n verhoogde eetlus. ‘n Tekort aan slaap kan veroorsaak dat jy verhoogde ghrelinvlakke (‘n hormoon wat eetlus stimuleer) het, en verlaagde leptienvlakke (die “volvoel”- hormoon). Dit beteken dat ‘n tekort aan slaap kan veroorsaak dat jy heeltyd honger voel en smag na kos met ‘n hoë suikerinhoud. Fokus op gesonde slaapgewoontes wat o.a. beteken alkohol inname en groot etes in die aand moet vermy word en tegnologie soos selfone en skootrekenaars, moet in ander vertrekke gebêre word. 

4. JOU AANDAG WORD AFGELEI WANNEER JY EET 

In ‘n gejaagde lewe eet jy moontlik terwyl jy loop, ry, of op jou selfoon besig is. As al jou etes egter so plaasvind, is dit vir jou liggaam moeiliker om agter te kom wanneer jy vol is. In ‘n studie waar onbewuste- met bewustelike eters vergelyk word, het die bewustelike eters, ‘n afname gehad in hul lus om hul borde kos klaar te maak. Die onbewuste eters het egter die begeerte om hul borde leeg te eet gehandhaaf, wat moontlik ‘n bydraende faktor tot ooreet is. Om bewustelik te eet, kan help om jou vol te laat voel. Dit word ook gekoppel aan verminderde eetdrange (‘cravings’)  en – emosionele eetpatrone. Maak dus seker dat jy rustig aan tafel sit wanneer jy eet.

5. JY VERBRAND MEER ENERGIE AS WAT JY BESEF 

Wanneer jy meer, of meer intens of vir langer tye oefen, sal jou eetlus toeneem, soos jou liggaam meer kalorieë, as waaraan dit gewoond is, moet verbrand. Die fout wat baie mense wat gewig wil verloor maak, is om verkeerde kos te eet wanneer hulle honger is. Hulle dink onbewustelik dat hulle maar verkeerd mag eet, want hulle oefen mos. As jou eetlus toeneem wanneer jy oefen, is dit baie belangrik dat jy proteïn, gesonde vet en vesel inneem om jou versadig te hou en volgehoue energie te gee. As jy verfynde koolhidrate inneem, sal jy bloedsuikelvlak-skommelinge kry en dan wil jy heeltyd eet.

Ander lewensveranderinge en dinge soos swangerskap, herstel na geboorte, borsvoeding of die rondry van kinders, kan ook lei tot verhoogde energiebehoeftes en – eetlus.

6. JY IS GEDEHIDREER

Baie van ons ken die gevoel van ‘n insinking in die middag, wanneer ons lus het vir peuselhappies. Dikwels is dit egter net nodig om iets te drink en te hidreer. In ‘n studie wat in die “Physiology and Behaviour” tydskrif gepubliseer is, is bevind dat mense 62% van die tyd, verkeerd reageer op boodskappe van die liggaam, wanneer hulle honger en dors verwar. Maak seker jy is gehidreer, sodat jy nie dors met honger verwar nie. 

As jy honger voel, kort nadat jy geëet het, probeer eers ‘n glas of twee water drink. As jy dan steeds honger voel, is jy moontlik regtig honger. As dit die geval is, kies ‘n proteïenryke peuselhappie sodat jy langer versadig voel. 

 

Al 3 ons eetplanne is daar om jou te help met goeie maaltydbeplanning.

Dit is op die LK Fitness toep beskikbaar.

Kliek hier om meer te lees oor die toep en dit af te laai:

         LK FITNESS TOEP 

This image has an empty alt attribute; its file name is New-logo-with-app-stores-1024x471.jpg

 

Leave a Reply