7 Wenke om nie gewig op te tel tydens vakansie nie

7 Wenke om nie gewig op te tel tydens vakansie nie.

Hou jou vakansielyf in topvorm

Volg díé wenke en hou jou liggaam in topvorm hierdie somervakansie:

  1. Wees baie aktief dié somervakansie, want ’n mens is geneig om meer te eet en drink. Hoe meer jy eet hoe meer aktief moet jy wees. Dan behoort jy nie gewig op te tel nie. 
  2. Oefen terwyl jy met jou kinders speel. Doen hierdie vir jou boude en bobene: Laat jou kind op ‘n matjie lê en sleep hom deur die huis, sodat jy agteruit loop met jou bene amper 90° gebuig. Toe my kinders klein was, was dit hulle (en my) gunsteling! Gebruik iets swaar soos bakstene as jy nie jou kind gebruik nie.  
  3. Om jou bo-arms op te knap, kan jy jou handoek gebruik. Staan gemaklik  en hou ‘n handdoek agter jou rug vas, met jou regterhand net bokant jou kop en jou linkerhand min of meer waar jou sitvlak begin. Albei arms is gebuig en die elmboë wys na buite. Trek nou met jou regterarm boontoe totdat jou arm reguit is. Gebruik die handdoek en jou linkerarm as weerstand deur effens aan die handdoek te rem. Doen nou die teenoorgestelde: strek jou linkerarm reguit na onder en buig jou regterarm. Probeer doen 3 stelle van 15 en ruil dan jou arms om.

  4. Gaan stap met gewigte, of as jy nie gewigte het nie, gebruik blikkieskos of waterbottels en doen armoefeninge terwyl jy stap.

 

 

 

 

5. As jy ‘n trappie êrens by jou huis het kan jy baie oefeninge daarop doen. Stap of draf op en af van die trappie vir 1 minuut om jou harttempo te laat styg, voordat jy jou armoefeninge – met die blikkieskos doen vir ‘n minuut. Doen direk daarna ‘n oefening vir jou bobene, deur op die trappie te staan en dan met die linkerbeen agtertoe af te hurk. Kom op en hurk dan agtertoe met die regterbeen. Doen dit vir 1 minuut. Herhaal al drie oefeninge 3 keer.

6. Maak my detokswater en hou dit altyd in die yskas:

Sny die volgende in skyfies in ’n groot houer met 1,5 tot 2 liter water:

•Halwe komkommer  – bevat anti-inflamatoriese eienskappe

•Halwe suurlemoen  – help jou om van gifstowwe ontslae te raak.

•Halwe pomelo – daar word beweer dat pomelo help met vetverbranding. Jy kan ook ander vrugte gebruik soos aarbeie, lemoene, bloubessies.

•‘n Handvol kruisementblare  – help met vertering.

7. Gebruik die LINDA KRIEL FITNESS TOEP die vakansie. Al doen jy net een oefening van die toep elke dag. Laat jou gesin dit saam met jou doen.

 

 

Leave a Reply