5 Gesondheids-kosse Wat Gewigsverlies Kan Belemmer
Mense wat hul gewig dophou is deesdae baie meer ingestel daarop om gesonde heel-kosse (whole food) te eet in plaas van geprosesseerde kos. Dit is baie goed, want vrugte, groente, neute, sade en gesonde proteïene sal jou help om langer versadig te bly, wat beteken dat jy minder ruimte sal hê vir ongesonde kos. Om heel kosse (kos in hul natuurlike vorm) te eet is ook uiters gesond en maak deel uit van ‘n gesonde leefstyl wat op die langtermyn volhoubaar is.
Iets wat jy egter ingedagte moet hou as jy gewig wil verloor, of as jy jou gewig konstant wil hou, is dat sekere gesonde kosse ook hoog in kalorieë kan wees. Die feit dat jy gesonde kosse eet, beteken nie noodwendig dat jy ‘n onbeperkte hoeveelheid van daardie kos kan eet en steeds gewig verloor nie.
Hier is ‘n paar gesonde kosse wat jy in matigheid moet eet as jy jou gewig dophou:
1.Gedroogde Vrugte

2. Neute
Neute is ‘n gesonde peuselhappie, of bestanddeel van ‘n ete, maar is baie hoog in kalorieë. Alhoewel gesonde vette en neute wel help om hartprobleme te verminder, moet jy steeds nie te veel daarvan eet as jy probeer gewig verloor nie, aangesien dit hoog is in kalorieë.
3. Restaurant Smoothies
Tuisgemaakte smoothies wat van gewone jogurt, neute, vrugte en groente gemaak word is baie gesond en kan as maaltydvervanger gebruik word. Die smoothies wat jy egter in restaurante en wegneem winkels gekoop word, is meestal vol suiker, bymiddels en slegte vette. Mense koop ook soms ‘n smoothie as ‘n tussenin maaltyd en as jy jou gewig dophou, kan dit keer dat jy enigsins gewig verloor. As jy wel ‘n klaargemaakte smoothie koop, maak seker dat jy presies weet wat daarin is en moenie gaan vir die grootste een nie.
4. Volgraan brood en gebak. 
Volgraan brood is wel gesonder as witbrood, maar volgraan meel bevat dieselfde hoeveelheid kalorieë as witmeel. Moet dus nie jouself om die bos lei en dink jy kan meer brood en volgraan produkte eet net omdat dit gesonder is as witmeel nie.
5. Avokadopeer
Alhoewel avokadopeer propvol gesonde vedingstowwe en vette is, bevat hulle steeds heelwat kalorieë. ‘n Mediumgrootte avokadopeer bevat ongeveer 320 kalorieë. Daarom beveel voedingkundiges aan dat jy nie meer as ‘n halwe avokadopeer per dag eet nie.